Plaaslike media het onlangs berig dat Namibië se ekonomie sedert 2015 sonder die bydrae van die mynbousektor stagnant gebly het. Die land het in 2015, 132,2 miljard Namibiese dollar se goedere produseer, sonder om die mynbousektor in te reken. Van 2015 tot 2023 het die BBP sonder die mynbousektor nie…
Die Ministerie van Indiensneming en Arbeid sê Babel Restaurant en Ocean Basket, in Menlyn, Pretoria, skuld meer as 1,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand in agterstallige lone aan hul werknemers. Die onthulling volg nadat 'n gesamentlike inspeksie Sondag uitgevoer is, wat oortredings van die Wet op die Nasionale Minimum Loon aan die…
Die Universiteit van Namibië, in samewerking met die onderwysministerie, sal die openingseremonie van die onderwyskonferensie, oftewel Educon 2024, aanbied. Die konferensie vind van vandag tot Donderdag plaas by die Namibiese Instituut vir Publieke Administrasie en Bestuur, Nipam. Dit sal 'n platform bied vir alle onderwysbelanghebbendes om weë en moontlikhede te…
Die Amerikaanse Geheime Diens se waarnemende direkteur, Ronald Rowe, sê die hoogste beskermingsvlakke was ingestel tydens die sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump. Beamptes sê die verdagte, Ryan Wesley Routh, het byna 12 ure lank in die bosse weggekruip voordat Trump Sondag ʼn ongeskeduleerde potjie gholf gaan speel het by sy…
ActionSA veroordeel die minister van Justisie, Thembi Simelane, se beplande bywoning van die vergadering van ministers van BRICS in Rusland, te midde van ernstige korrupsie-bewerings. Die party wil haar geskors hê oor haar betrokkenheid by die onwettige belegging van 356 miljoen Suid-Afrikaanse rand in VBS Bank toe sy burgemeester van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.