SAOG-leiers moet optree teen aktiviste-marteling in Zim: Cosatu
--:--
Die vakverbond Cosatu steun die Zimbabwe Congress of Trade Unions in sy beroep op 'n einde aan arbitrêre inhegtenisnemings en marteling van aktiviste in Zimbabwe. Dit kom in die aanloop tot die spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op 17 Augustus. Die vakverbond sê die algemene sekretaris van die Agricultural Trade Unions of Zimbabwe, Robson Chere, is geweldadig aangehou en gemartel. Zanele Sabela van Cosatu moedig SADC-leiers aan om op te tree teen dié menseregtekwessies.