Thabo Bester se prokureur gaan hof toe oor sy behandeling

--:--
Die regsverteenwoordiger van die veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter, Thabo Bester, gaan die Departement van Korrektiewe Dienste uitdaag oor sy behandeling in die tronk. Bester beweer sy regte word aangetas weens 'n gebrek aan privaat samesprekings met sy prokureur en omdat hy in eensame aanhouding is. Sy prokureur Dinana Reid het aan eNCA gesê Bester se reg op 'n regverdige verhoor word in gevaar gestel.
4 Aug 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Wat maak Thembi by BRICS-vergadering?

ActionSA veroordeel die minister van Justisie, Thembi Simelane, se beplande bywoning van die vergadering van ministers van BRICS in Rusland, te midde van ernstige korrupsie-bewerings. Die party wil haar geskors hê oor haar betrokkenheid by die onwettige belegging van 356 miljoen Suid-Afrikaanse rand in VBS Bank toe sy burgemeester van…
17 Sep 3AM 1 min

Namibiese skieters vat 2de plek in Colorado

e nasionale skietspan van die Namibië Presisiegeweervereniging, Napra, het tweede geëindig by die Presisiegeweer Wêreldkampioenskap in Colorado in die VSA. By die vorige wêreldkampioenskap twee jaar gelede in Frankryk het Namibië algeheel sewende geëindig. Karola Marais, die sekretaris van die Namibiese Sportskiet-federasie het meer.
17 Sep 3AM 1 min

Gaza se inwoners kry nie die hulp wat nodig is nie

Die Verenigde Nasies waarsku daar word te min vordering gemaak om noodsaaklike hulp en handelsgoedere in Gaza te lewer. Sowat 300 000 mense gaan gebuk onder ernstige tekorte aan kos, water en ander benodigdhede. Sedert Mei is klaring vir 229 besendings versoek. Hiervan is 175 goedgekeur, 101 is afgelewer, 17…
17 Sep 2AM 1 min

NSFAS dra blaam vir onbestendigheid

Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is die hoofoorsaak van onstabiliteit by hoëronderwys-instellings. Dis onthul tydens uitgebreide samesprekings met verskillende rolspelers, insluitend studenteliggame. Minister Nobuhle Nkabane sê die departement hersien die skema se befondsingsmodel om sy stelsels te verbeter en probleme uit…
17 Sep 2AM 1 min

Druk op All Blacks om weer te wen

Die All Blacks se voorspeler-afrigter, Jason Ryan, sê hulle het die gebiede waar hulle moet verbeter fyn ontleed en goeie vordering gemaak. Nieu-Seeland het hulle laaste twee toetse teen die Springbokke in Suid-Afrika verloor en slegs een van hulle vier Rugbykampioenskap-toetse gewen. Die All Blacks kom Saterdag in Sydney teen…
17 Sep 2AM 1 min