Uerikua gesels oor akkerbouers in Otjozondjupa

Loading player...
Droogte bly 'n groot bekommernis vir Namibië, met voortdurende uitdagings soos waterskaarste, landbouverliese en voedselonsekerheid. Die langdurige droë toestande het boerderygemeenskappe ernstig geraak, veral in landelike gebiede, waar oesmislukkings en die dood van vee algemeen voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Uerikua, goewerneur van die Otjozondjupa-streek, wat 'n opdatering gee van toestande en boerderybedrywighede in die streek.
3 Dec 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Beveilig so jou aanlyn-banktransaksies

Swendelarye wat bankkliënte teiken word dikwels wyd gerapporteer. Gedurende die feesseisoen kan meer pogings tot swendelary verwag word, gewoonlik deur skakels op sosiale boodskapplatforms soos WhatsApp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Vanessa Maresch van Salt Essentials IT, wat raad gee oor hoe om te verhoed dat jy bedrieg word.
11 Dec 11AM 1 min

Vervaardigingsektor bly onder druk

'n Senior ekonoom van FNB, Thanda Sithole, sê die vervaardigingsektor bly onder druk weens swak plaaslike aanvraag en ʼn uitdagende globale omgewing. Vervaardiging het weliswaar in Oktober op ʼn jaargrondslag met 0,8-persent toegeneem en die daling van 0,8-persent in September omgekeer. Dit verbreek ook ʼn twee-maande-siklus van onindrukwekkende syfers. Sithole…
11 Dec 11AM 1 min

Bank van Namibië onthul 2025-'27 strategiese plan

Die Bank van Namibië het 'n nuwe strategiese plan vir 2025 tot 2027 onthul, wat daarop gefokus is om tegnologie te benut om inklusiwiteit, volhoubaarheid en ekonomiese welvaart te bevorder. Die plan prioritiseer drie sleutelareas, naamlik die bou van 'n slim sentrale bank, die bevordering van 'n inklusiewe en veerkragtige…
11 Dec 10AM 1 min

Protea-vroue sien uit na toets teen Engeland

Krieket: Krieket Suid-Afrika het die groep van 15 Protea-vroue aangewys vir hulle eenmalige toets teen Engeland op die Mangaung-ovaal in Bloemfontein vanaf die 15de. Die wedstryd is die eerste tuistoets vir Suid-Afrika sedert Maart 2002. Die snelbouler Tumi Sekhukhune vervang die medium-snelbouler Ayabonga Khaka. Lara Goodall, Ayanda Hlubi en Chloé…
11 Dec 10AM 1 min

NRU, MTC vat hande vir nuwe rugbytoernooi

Die Namibië Rugby-unie en MTC het weer kragte saamgesnoer, hierdie keer vir 'n nuwe toernooi wat die spelers vir die nasionale rugbyspan vir die Wêreldbeker-uitdunne in Julie 2025 sal bepaal. Die telekommunikasiemaatskappy het 700 000 Namibiese dollar vir die toernooi beskikbaar gestel. Die uitvoerende hoof van die Namibië Rugby-unie, John…
11 Dec 9AM 1 min