Bank van Namibië onthul 2025-'27 strategiese plan
Loading player...
Die Bank van Namibië het 'n nuwe strategiese plan vir 2025 tot 2027 onthul, wat daarop gefokus is om tegnologie te benut om inklusiwiteit, volhoubaarheid en ekonomiese welvaart te bevorder. Die plan prioritiseer drie sleutelareas, naamlik die bou van 'n slim sentrale bank, die bevordering van 'n inklusiewe en veerkragtige finansiële stelsel, en om die grondslag te lê vir 'n gediversifiseerde ekonomie. Josefina Oskar, die bank se kommunikasiepraktisyn, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.