Vervaardigingsektor bly onder druk
Loading player...
'n Senior ekonoom van FNB, Thanda Sithole, sê die vervaardigingsektor bly onder druk weens swak plaaslike aanvraag en ʼn uitdagende globale omgewing. Vervaardiging het weliswaar in Oktober op ʼn jaargrondslag met 0,8-persent toegeneem en die daling van 0,8-persent in September omgekeer. Dit verbreek ook ʼn twee-maande-siklus van onindrukwekkende syfers. Sithole sê die swak prestasie is ondanks minder energiebeperkings en matige insetkoste.