Korrektiewe Diens geprys vir akkerbou-prestasies

--:--
Die Namibië Korrektiewe Diens het 'n uitpasseer-parade vir 270 rekrute wat hul nege maande basiese opleiding voltooi het, by die Lucius Sumbwanyambe Mahoto Korrektiewe Diens Opleidingskollege in Omaruru gehou. Eerste minister Elijah Ngurare het 'n toespraak van president Netumbo Nandi-Ndaitwah gelees, en die diens geprys vir sy akkerbou-pogings wat nie net gevangenes nie, maar ook gemeenskappe van kos voorsien.
4 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LPM sê Sankwasa misbruik sy mag

Tydens 'n LPM-perskonferensie het die party se operasionele sekretaris, Dawid Eigub, die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, daarvan beskuldig dat hy sy magte misbruik en die wet verdraai om mag te neem wat nie aan hom behoort nie. Eigub het kommer uitgelig oor ministeriële oorskryding en beweerde finansiële wanbestuur…
22 Jul 9AM 1 min

NNN sê oor CAF-stadions vir NDP6

En in plaaslike sportnuus het president Netumbo Nandi-Ndaitwah sport as een van die pilare van die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan daargestel. Daar is verskeie projekte in die regering se visier, sowel as die bou van sogenaamde CAF-stadions en die opknapping van die Onafhanklikheidstadion na CAF-standaarde.
22 Jul 9AM 1 min

Vergadering oor voorsiening van biomassa vir Otjikoto

NamPower en sy implementeringsvennote nooi belanghebbendes na betrokkenheid-sessies oor die voorgestelde Opkomende Brandstofvoorsieningstrategie vir die 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie wat by Tsumeb ontwikkel word. Die projek sal indringerbos vir brandstof gebruik. Die kragstasie sal sowat 70 000 ton biomassa van kleinskaalse voorsieners per jaar benodig en sowat 160 000 ton van…
22 Jul 9AM 1 min