Die Teenkorrupsie-kommissie sê die Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima skuil vermoedelik steeds in Angola. Malima, die 10de beskuldigde in die 480 miljoen Namibiese dollar skandaal, het gevlug nadat ander verdagtes in hegtenis geneem is. Die kommissie bevestig dat daar geen teken is dat hy teruggekeer het na Namibië nie. Die kommissie se…
Die VSA se 30 persent tariewe op Suid-Afrika vanaf 1 Augustus wek kommer in veral die voertuigbedryf. Namibië voer baie voertuie en onderdele uit die buurland in, en die tariewe gaan beslis 'n plaaslike uitwerking hê. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry.
Die vakbond Solidariteit sê FlySafair se bestuur het oorlog verklaar teen sy vlieëniers en die publiek. Dit volg nadat die lugredery aangekondig het vlieëniers sal vir sewe dae verbied word om te werk in reaksie op 'n beplande een dag staking. Die lugredery kan moontlik die vlieëniers tot 14 dae…
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die skuldigbevinding van die staatskapingsbeskuldigde, Yakub Bhikhu, verwelkom nadat hy skuldig gepleit het op 81 aanklagte, insluitend bedrog, geldwassery en belastingsoortredings. Die streekshof in Pretoria het Bhikhu tot tien jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is, en hom gelas om 300 000 rand aan Transnet…
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement en ander belanghebbendes sal Maandag en Dinsdag 'n hoëvlak-nasionale bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, aanbied. Hy sê Suid-Afrika ervaar tans beduidende en voortdurende uitdagings met uitbrekings van bek-en-klouseer in verskeie provinsies. Dit het gelei tot beperkings op die beweging van vee en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.