Ramaphosa en Trump sal by G7 in Kanada weer vergader

--:--
Daar is hoop vir betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA. President Cyril Ramaphosa sê hy sal tydens die komende G7-leiersberaad in Kanada bilaterale samesprekings voer met verskeie staatshoofde, insluitend president Donald Trump. Die vergadering met Trump vind plaas nadat die twee leiers in Mei in die Withuis vergader het. Ramaphosa het kritiek op sy onlangse reis na Washington van die hand gewys en sê dit was 'n strategiese stap om verhoudings met een van Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote te herstel:
11 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namcor-verdagte skuil glo steeds in Angola

Die Teenkorrupsie-kommissie sê die Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima skuil vermoedelik steeds in Angola. Malima, die 10de beskuldigde in die 480 miljoen Namibiese dollar skandaal, het gevlug nadat ander verdagtes in hegtenis geneem is. Die kommissie bevestig dat daar geen teken is dat hy teruggekeer het na Namibië nie. Die kommissie se…
19 Jul 6AM 1 min

Trump-tariewe plaas druk op plaaslike motorbedryf

Die VSA se 30 persent tariewe op Suid-Afrika vanaf 1 Augustus wek kommer in veral die voertuigbedryf. Namibië voer baie voertuie en onderdele uit die buurland in, en die tariewe gaan beslis 'n plaaslike uitwerking hê. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry.
19 Jul 5AM 1 min

'FlySafair in oorlog teen vlieëniers, publiek'

Die vakbond Solidariteit sê FlySafair se bestuur het oorlog verklaar teen sy vlieëniers en die publiek. Dit volg nadat die lugredery aangekondig het vlieëniers sal vir sewe dae verbied word om te werk in reaksie op 'n beplande een dag staking. Die lugredery kan moontlik die vlieëniers tot 14 dae…
19 Jul 4AM 1 min

Staatskaper in SA, beboet en tronk toe

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die skuldigbevinding van die staatskapingsbeskuldigde, Yakub Bhikhu, verwelkom nadat hy skuldig gepleit het op 81 aanklagte, insluitend bedrog, geldwassery en belastingsoortredings. Die streekshof in Pretoria het Bhikhu tot tien jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is, en hom gelas om 300 000 rand aan Transnet…
19 Jul 3AM 1 min

Nasionale indaba oor bek-en-klou in SA

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement en ander belanghebbendes sal Maandag en Dinsdag 'n hoëvlak-nasionale bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, aanbied. Hy sê Suid-Afrika ervaar tans beduidende en voortdurende uitdagings met uitbrekings van bek-en-klouseer in verskeie provinsies. Dit het gelei tot beperkings op die beweging van vee en…
19 Jul 2AM 1 min