Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,370 Episodes
20 – 40

Ryk drink koffie met Jeannine

Jeannine Naudè, vise-president en hoof van Afrika by TransUnion, gesels oor haar agtergrond, loopbaan, industrie, en wat sy doen om te ontspan.
26 Feb 12PM 11 min

Groot vaardigheidstekorte by SA waterrade

Prof. Chris Roth, president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs (SAICE), gesels oor die vaardigheidstekorte by Suid-Afrikaanse waterrade.
24 Feb 12PM 8 min

Sterker SA Ingelyf wys sy spiere

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, deel haar verwagtinge vir môre se begrotingsrede en bespreek onder meer Super Group se tussentydse resultate sowel as maatskappye wat nuwe 52-week hoogtepunte bereik het.
24 Feb 10AM 12 min

Trump-tariewe: ’n Groot pizza in ’n tuimeldroër

Anneke Janse van Vuuren, bestuurder van data-oplossings by XA Global Trade Advisors, gesels oor die Amerikaanse hooggeregshof wat Donald Trump se tariewe as onwettig verklaar het en wat dit vir Suid-Afrika beteken.
23 Feb 12PM 8 min

Sasol se wins val weens afskrywings, maar sy kontantvloei kook

Sasol het vandag tussentydse resultate bekend gemaak. Die wesensverdienste het met 34% gedaal, en die groep het vir die eerste keer in vier jaar ’n positiewe vrye kontantvloei ervaar. Die uitvoerende hoof, Simon Baloyi, bespreek die resultate.
23 Feb 12PM 10 min
20 – 40