Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,515 Episodes
60 – 80

So verkoop jy jou besigheid

Nicola Nel, besturende direkteur van PROI Worldwide, verduidelik hoe om ’n besigheid te verkoop.
11 Jul 11AM 7 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Mia Kriegler, direkteur vir batebestuur, en Andries Nel, direkteur vir welvaartbestuur en adviesdienste, albei van Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
11 Jul 11AM 18 min

Is daar iemand in die VSA om oor tariewe te onderhandel?

Neil Diamond, president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (SACCUSA), sê die VSA bly een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote, en dat die impak van ’n swak verhouding met die VSA op 1 Augustus gevoel gaan word, wanneer die tariewe in werking tree.
10 Jul 11AM 8 min

Suid-Afrikaners word al armer

Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC, verduidelik waarom Suid-Afrikaners armer word, en wat gedoen kan word om dit te stuit.
9 Jul 11AM 8 min

Kaapstad is ontsteld oor privaat brandweerdienste

Die Stad Kaapstad beskou Fidelity se privaat brandweerdienste as ongereguleerd. Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity, verduidelik die behoefte aan dié dienste en waarom die Stad dit nie ondersteun nie.
9 Jul 11AM 9 min

Nvidia is nou die grootste maatskappy in die wêreld

Johan Gouws, hoof van welvaartdienste by PPS, deel sy insigte oor vandag se markte, Nvidia wat nou die grootste maatskappy ter wêreld is, en hoe Temu beplan om binne ’n dag in Suid-Afrika af te lewer.
9 Jul 11AM 7 min

Minder mense gebruik gratis water en elektrisiteit

Statistieke Suid-Afrika het onlangs 'n verslag vrygestel oor die verskaffing van gratis basiese dienste in die land. Joe de Beer, adjunk-direkteur-generaal vir ekonomiese statistiek by Statistieke Suid-Afrika, verduidelik wat die verslag wys.
8 Jul 11AM 6 min
60 – 80