Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,159 Episodes
260 – 280

Nadia Beukes se ‘The Sound of Music’-kleintyddroom word waar

As klein dogtertjie het Nadia Beukes “The Sound of Music” keer op keer in haar ouma se sonkamer in Lydenburg gekyk. Vandag, dekades later, beskou sy dié herinneringe as kosbare skatte wat handig te pas gaan kom wanneer sy later vandeesmaand die verhoog as “The Sound of Music” se barones…
4 Dec 2023 10 min

Kabaal Klankbaan raak nostalgies met ‘mixtape’

“Dit is soos ʼn potjiekos of lamsboud wat lank stowe, wat lank in die oond is voordat dit gereed is.” Só beskryf Floris Groenewald, stigterslid van Kabaal Klankbaan, dié groep se vierde album, Ek’s steeds onstabiel. Mizanne Hattingh van Maroela Media het met Floris oor die album gesels.
1 Dec 2023 9 min

Van koorkind na ‘Die Kontrak 3’-wenner

Hy het dalk nou ʼn R1 miljoen se kontrak by een van die grootste Afrikaanse platemaatskappye losgeslaan, maar die nuwe Die Kontrak-wenner, Chris Steyn, sê hy sal altyd ʼn “plakkieskind” bly.
29 Nov 2023 9 min

Nadine Blom het ʼn ‘nuwe liefde’

Nadine Blom gesels met ons in die ateljee oor nuwe musiek, haar liefde vir kinderbediening en passie vir kinder- en tienerbeskerming.
29 Nov 2023 26 min

Gee die geskenk van ’n veiliger kinderlewe

Geopende Deure weet dat in baie lande waar Christene as gevolg van hul geloof vervolg word, Kersfees juis een van die gevaarlikste tye van die jaar vir gelowiges is, en dit sluit ongelukkig nie kinders uit nie. Elizabeth Botha van Geopende Deure Suider-Afrika gee die getuienis van 'n tweeling uit…
23 Nov 2023 9 min

Wat verklap jou gesig oor jou?

ʼn Wipneus, ʼn skewe lip en klein ore. Dit mag dalk soos blote beskrywings van ʼn gesig klink, maar vir dr. Lizelle Grobler verberg dié gelaatstrekke duisend geheime.
1 Nov 2023 14 min

Wat is die kleur van die seisoen?

Conrey verduidelik wat die gewilde kleur vir die 2024-seisoen is, en hoe om dié kleur op ʼn sinvolle, sakpaswyse in jou huis te gebruik.
25 Oct 2023 4 min
260 – 280