Op 16 Desember onthou mense die Gelofte van 1838. Hendrik Briel reël Witrivier se Geloftefees. Dolf Botha is van die Badfontein Geloftefees. Hulle gesels met Laeveld Brunch.
Carli Scheepers van die Kaapsehoop Conservancy sê van die 36 wildeperde wat oor is, kan hulle tans slegs 30 se gesondheid bevestig. Sy deel dié organisasie se planne oor hoe om die wildeperd-bevolking te red.
Daniël Slabbert, 'n Bergvlam-leerling, het vanjaar R31 300 ingesamel vir KANSA, en daarmee is hy aangewys as die KANSA Laeveld debutant van die jaar vir beide die Laeveld en Mpumalanga.
Kort na Baba Caleb se geboorte op 25 Junie kry sy ouers ‘n hartverskeurendste diagnose: Hemimegalencephaly (HME), ‘n uiters skaars en ernstige breintoestand waar een kant van die brein abnormaal groei. Dit veroorsaak onbeheersbare epileptiese aanvalle. Sy ma, Lara van Wyk, verduidelik die toestand.
Die Soli Deo Sentrum in Lydenburg het groot skade gely in 'n verwoestende storm gister. Die Nelspruit Lion's Club spring in om te help. Koos Schoonraad vertel meer.
Die Springbok-slot Eben Etzebeth kan ʼn lang skorsing verwag nadat hy 'n rooikaart gekry het in Saterdag se oorwinning van 73-0 oor Wallis in Cardiff. Red Bull-renjaer Max Verstappen het die Katar Grand Prix gewen en seker gemaak die bestuurderskampioenskap word die naweek in die seisoen se laaste wedren in…
Meat World gaan hierdie naweek groot met Swart Vrydan-aanbiedinge. Bemarkingsbestuurder, Keagan Malyon, gesels met Sonop Ontbyt voor ons regstreekse uitsending Saterdag.
Picasso’s by Casterbridge in Witrivier is Maandagaand in ‘n brand vernietig. Die eienaar, Garth Snyman, sê dit sal ten minste ses maande neem om te herbou.
Mpumalanga word beskou as 'n brandpunt vir mensehandel. Adv. Beauty Chibangu van die Nasionale Vervolgingsgesag is die voorsitter van die Rapid Response taakmag in die provinsie.
The Greater Rape Intervention Project benodig baie ondersteuning hierdie tyd van die jaar, want tot 10 gevalle van geslagsgebaseerde geweld word per dag by hul sorgkamers aangemeld tydens die feestyd. Tarryn Lokotsch van GRIP vertel vir Sonop Ontbyt meer oor hul 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en…
Google het ingestem tot 'n R688 miljoen-betaling aan die Suid-Afrikaanse mediabedryf. in 'n beginselstryd teen internasionale reuse wat tot nou toe hul nuusinhoud sonder vergoeding gebruik het. Mediareg-kenner en prokureur, Helene Viljoen, verduidelik wat jy moet weet.
Die Laeveld JOC is gereed vir die feestyd. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye het saam met die polisie vanoggend 'n aktivering gehou om die publiek te herinner om ook bedag te wees, omdat misdaad hierdie tyd van die jaar as 'n reël toeneem. Frank Swanepoel gesels met Sonop Ontbyt.
Sinhle Mona (18) is about to matriculate from Penryn and has big music dreams. To help her realise these she today recorded three songs as part of her CV to apply to study her passion overseas.
Stian Schutte van PSG Wealth is baie positief oor die mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring wat die minister van finansies, Enoch Godongwana, gister gelewer het. Hy sê die markte is ook.
13 Nov
12 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.