GRIP se Ntombifuthi Sambo staan ook bekend as die Koningin van die Hof. Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die vyfde aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM.
'n Groot skoonmaakaksie word Vrydag weer gehou in die middedorp en ingangsroetes na Mbombela (Nelspruit). Dit word deur Ehlazeni-distriksmunisipaliteit gedryf met die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) wat dit koördineer. Die span van We Care 4 Nelspruit sit ook hand by. Die hele gemeenskap is genooi om saam te werk. Linda Grimbeek gesels…
Sonop Ontbyt kuier elke Woensdagoggend in die bos. Hulle het vanoggend gesels met Martial Rappo van Moholoholo Rehabilitasiesentrum oor die bewaring- en opvoedingstaak wat hulle verrig.
Vir die volgende drie maande gesels die Sonop Ontbyt-span elke Woensdagoggend oor bewaringsprojekte. Andries Hendrik Potgieter van Toerbroers gesels met Gerhardt en Andri oor renosters en hoe emosioneel dit is om hulle te onthoring - hoewel dit noodsaaklik is om hulle te red.
Vir die volgende drie maande gesels die Sonop Ontbyt-span elke Woensdagoggend oor bewaringsprojekte. Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, is by toerisme en natuurbewaring betrokke en fokus veral op die behoud en beskerming van bedreigde spesies. Hulle gesels met Gerhardt en Andri.
Helene Bester gesels hierdie week met Amanda oor haar passie vir musiek, haar liefde vir Nana Mouskouri en die dinge wat haar vreugde gee. #Musiekdebat
Ntombifuthi Sambo is passievol oor die vaardigheidsontwikkelingsprogram wat GRIP aanbied. Dit is daarop gemik om vroue te help om finansieel onafhanklik te word. Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die vierde aflewering van GRIP "Survival" 101 op 100.5FM.
Baie vroue vermy dit om huishoudelike geweld aan te meld, wat waarheen gaan hulle dan? GRIP het egter skuilings beskikbaar vir vroue wat dit benodig, waar jy tot ses maande kan bly. Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, gesels saam met Gugu Mapanga, ‘n hulp-maatskaplike werker by ‘n plaaslike…
Hierdie maand sit 100.5FM die "L" terug in "Lekker Leef" en ons wil weet hoe lekker jy leef in jou huis? Denise het gaan uitvind of mense verkies om plekke te huur of te besit, of hulle troeteldiere het en selfs toe lyk hul binnekamers…
As jy hoor wat jy wil, luister jy nie, sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer. Haar raad vir sakemense is nie goed wat hulle aldag wil hoor nie, maar moet. Alles is heeltyd besig om te verander. Wat in die verlede gewerk het, tel nie meer nie. Jou reaksie op…
Die debat of margarien of botter meer gesond is woed voort. Beide het voordele en nadele vir jou gesondheid, maar watter een kielie jou smaakkliere? Amanda gaan vind uit.
Pieter Rischmuller gesels hierdie week met Amanda oor sy transformasie van Piet Pompies na Pieter Rischmuller. Hy sê dit was 'n jarelange proses, en hoewel hy nie verander het nie, word nou 'n bietjie ernstiger opgeneem. Hulle gesels ook oor hul gedeelde liefde vir die Bosveld.
Sou die ondenkbare gebeur en jy word aangeval, het jy verskeie regte wat beskerm moet word wanneer die geregtelike proses daarna begin. Menseregte-aktivis Themba Mdlovu van GRIP en Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte, gesels met Johanné Strydom in die tweede aflewering van hul podcast.
Om aangeval te word, is nooit jou skuld nie. Dit is die boodskap van Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP. Sy het self ‘n brutale aanval oorleef. Sy gesels met Johanné Strydom in die eerste aflewering van hul podcast.
Die Spoorloos-span sou gister hul reis oor die lengte van die Oranjerivier voltooi, maar soos met enige avontuur soos hierdie duik struikelblokke maar op. “Ons is bietjie geknak, maar ons gaan sterk aan,” sê Francois Jacobs. Hulle kon darem 110 km aflê voor ‘n woeste sandstorm hul tot stilstand gedwing…
Gebruik mense nog hul woorde? Amanda vra rond: Irriteer emoji's jou ook en is daar 'n spesifieke een wat jou besonders omkrap? #Straatdebat
21 Mar 2023
5 min
40 – 60
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.