Netwerk24 Klankgolwe Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Weekly Afrikaans South Africa Sports · Rugby
56 Episodes
1 – 20

Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’

Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie. Dié week…
4 Jun 29 min

Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer

Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was. Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon…
28 May 33 min

Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel

As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel. Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders. Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen. “Ek sal nou dié sport vir niks verruil…
21 May 21 min

Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’

Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre. Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel…
14 May 36 min

Jacques Burger: Rugby se taaiste man . . . én ’n J.K. Rowling-karakter

Hy het sy neus etlike kere gebreek, albei sy wangbene gebreek, 12 operasies op die regterknie gehad en drie aan die regterskouer . . . geen wonder dat Jacques Burger bekend staan as een van die taaiste, mees ongenaakbare rugbyspelers tot nog toe. Vandeesweek sluit dié Namibiese boer hom op Rapport Praat Sport…
30 Apr 30 min

Skolerugby: ‘Elke top-skool koop spelers’

Skolerugby is reusagtig groot in Suid-Afrika. ’n Paar weke gelede het ons op Rapport Praat Sport die vraag gevra: Is dit besig om te professioneel te word? Dié week sluit Hannes Nienaber, die grootste skolerugby-kenner in die land, hom by ons aan. Ons praat oor skolerugby-strukture, reisreëlings, die keurproses en…
23 Apr 30 min

Josh Strauss: ‘Schalk se bier-filosofie is in die kol!’

Josh Strauss sluit hom vandeesweek op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Ikeys se sege in die Varsitybeker-reeks. Strauss, voormalige losvoorspeler van die Leeus, Glasgow, die Bulle en natuurlik Skotland, is die Ikeys se voorspelerafrigter. Hy vertel van ’n spanpraatjie wat die Bok-flank Schalk Burger eenkeer gelewer…
16 Apr 33 min

Neil Powell onthul waarom Haaie met B-span na Lyon opruk

In dié week se Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan. Hy verduidelik die denkrigting agter die besluit om nie hul sterkste span na Lyon te stuur vir hul Uitdaagbeker-uitklopwedstryd daar nie. Hy verklap ook wanneer Eben Etzebeth en Aphelele Fassi…
9 Apr 31 min

Is skolerugby te professioneel?

In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons oor die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK), skolerugby en krieket. Ons wonder hardop waarom die Haaie steeds nie volgens hul volle potensiaal presteer nie, maar besing ook Siya Kolisi se lof. Hy is tans die beste voorbeeld van die soort uithalerspel wat ’n gereelde…
2 Apr 37 min

FNB moes oorsese maatskappye uitstof om Bok-borg te word

Hendrik Cronjé vertel dié week in Rapport Praat Sport die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het belangstelling van oorsese maatskappye gekry om die Springbokke se nuwe hoofborg te word, maar die aanbod wat Eerste Nasionale Bank (FNB) op die tafel geplaas het, was eenvoudig te goed om te ignoreer. Skielik, sê Hendrik, is…
26 Mar 32 min

Jimmy Stonehouse: ‘Jy kan nie meer met ’n dom ou rugby speel nie’

Vandeesweek se Rapport Praat Sport is ’n spesiale een: Die legendariese Jimmy Stonehouse, Puma-afrigter, sluit hom by ons aan. Hy praat padlangs oor die uitdagings wat die Pumas in die gesig staar, oor die huidige rugby-milieu en hoe dit in die laaste paar jaar verander het, maar ook oor dít…
19 Mar 26 min

Kwota-storm: Warriors gelooi met R500 000-boete

In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden en Fanie Heyns die jongste transformasie-herrie in Suid-Afrikaanse Krieket. Die Warriors is met ’n boete van R500 000 gelooi én is hul plek in die Eendagreeks se uitspeelwedstryde kwyt omdat hulle sonder toestemming nie aan KSA se transformasieteikens voldoen het…
12 Mar 29 min

Onthul: Felix en sy gesin wil sak en pak na SA trek

Springbok-nuus is volop: Felix Jones keer terug, Handré Pollard word weer ’n Bul . . . en Rassie Erasmus het Woensdag op sy eerste mediakonferensie van die jaar onthul hy wil nóg drie Bok-wedstryde – twee toetse en ’n kragmeting met die Barbarians – tot die span se skedule vir 2025 voeg. Dit…
5 Mar 29 min

Kitsie gee raad vir ’n goeie lewe ná rugby

In vandeesweek se Rapport Praat Sport kyk ons terug op die spogloopbaan van Steven Kitshoff en hoor ook sy raad vir spelers wat die lewe ná rugby betref. Hendrik Cronjé verklap ook hy werk aan ’n berig vir Sondag oor die Stormers se opvolgplan ná Kitshoff se uittrede. Ons gesels…
26 Feb 30 min

Philip Snyman: ‘Dís die lesse wat ek by Rassie leer’

Philip Snyman, die Blitsbok-breier, vertel dié week in Rapport Praat Sport hoe hy lesse by dié span toepas wat hy by die Springbok-afrigter Rassie Erasmus geleer het. En dit handel natuurlik ook oor Erasmus se slim planne wat spansamestelling betref. Die Blitsbokke speel dié naweek in die Vancouver-toernooi van die…
19 Feb 32 min

Bulle-baas Strauss: ‘Dalk betaal ons ons spelers te veel’

In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, hom by ons aan om te praat oor al die uitdagings op die rugbylandskap. Hy benadruk die belangrikheid van goeie, betroubare ekwiteitsvennote in rugby en sê ’n 12-maande-rugbykalender is nie volhoubaar nie. Ons praat ook…
12 Feb 26 min

Rob Walter: ‘Temba is geestelik sterker as báie mense daar buite’

Dit is ’n waterskeidingsweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met ’n reuse-vergadering wat Donderdag in Johannesburg plaasvind. Hendrik Cronjé sê sommige rugbybase voel die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby lê in ’n stelsel met slegs ses tot agt beroepspanne, en die res wat dan amateur-status het. Ons gesels ook oor die SA20-liga, Sesnasies-reeks,…
5 Feb 31 min

Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê

In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het…
29 Jan 32 min
1 – 20