Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
176 Episodes
1 – 20

Watersuiwering

Die proses om water skoon te maak, word watersuiwering genoem, en die plek waar dit gebeur, word ’n watersuiweringsaanleg genoem.
19 May 7 min

Watersiklus

Die aarde se water sirkuleer in ’n nimmereindigende siklus wat die water- of hidrologiese siklus genoem word en insluit: verdamping, kondensasie en neerslag.
19 May 12 min

Waterbesoedeling

Waterbesoedeling is nie ʼn nuwe probleem nie. Deur die eeue heen het cholera-, tifus-, en disenterie-epidemies dikwels voorgekom weens besmette drinkwater. Dié besoedeling was egter tot ‘n spesifieke area of gebied beperk, terwyl waterbesoedeling vandag wêreldwyd ʼn enorme probleem is.
19 May 24 min

Vuur

Vuur is die sigbare verskynsel van iets wat brand en vlamme, hitte, ʼn gloed of lig uitstraal.
19 May 7 min

Voedselveiligheid

Dit is baie belangrik vir ons gesondheid om seker te maak dat ons kos reg hanteer, voorberei én bêre – nie net moet ons ons hande was voordat en terwyl ons met kos werk nie, ons moet ook enige plek waar met kos gewerk word, skoon hou. ʼn Mens noem…
19 May 9 min

Voedselketting

‘n Voedselketting beskryf hoe elke organisme voedsel verkry en hoe energie van die een organisme na die volgende vloei.
19 May 8 min

Straling

Straling is die uitsending van energie deur middel van elektromagnetiese golwe of elementêre deeltjies.
19 May 9 min

Seisoene

Die jaar word – na aanleiding van die aarde se veranderende posisie met betrekking tot die son – in vier periodes, tydperke of seisoene verdeel. Dit het natuurlike klimaatswisselinge of verskynsels wat hulself jaarliks herhaal, tot gevolg.
19 May 8 min

Savannes

ʼn Savanne of savanna is ʼn gebied met oop grasvelde waarin verspreide groepe bome voorkom.
19 May 6 min

Posstelsel

Die gebruik van ’n posstelsel om boodskappe oor te dra, is reeds vir baie eeue wêreldwyd ’n bekende verskynsel. Hoewel die doel dieselfde bly – naamlik om boodskappe of inligting van een punt na ’n ander te kry – het posdienste baie groot veranderinge ondergaan van die vroegste tye tot…
19 May 14 min

Minerale revolusie

Die minerale revolusie in Suid-Afrika is ʼn belangrike ontwikkeling in die land wat met die vind van minerale gepaardgegaan het. Goud en diamante is baie waardevol en kos baie geld en daarom was dit juis groot nuus toe dit hier gevind is.
19 May 15 min

Mimiek

Mimiek vorm deel van drama en is ʼn gerekende kunsvorm in eie reg.
19 May 4 min

Metale en niemetale

Die meeste metale is hard, blink, voel swaar en smelt slegs as dit teen baie hoë temperature verhit word. ’n Niemetaal is ’n chemiese element wat eienskappe van ’n metaal én ’n niemetaal het.
19 May 8 min

Melkweg

Die Melkweg of Melkwegstelsel is ’n enorme groot sterrestelsel van miljoene der miljoene sterre waarin ons eie son en sy planete ook voorkom.
19 May 8 min

Jaloesie

Hoewel jaloesie ’n emosie is wat algemeen ervaar word, word dit baie min openlik erken of daaroor gepraat. Die idee bestaan dat ʼn persoon wat gevoelens van jaloesie sou ervaar, of dit sou erken, ʼn swakkeling is of onseker oor hom- of haarself is.
19 May 6 min

Hendrik Pierneef

Dit is onbetwisbaar dat Pierneef een van Suid-Afrika se bekendste en beroemdste skilders, veral van landskaptonele, is. Geslagte Suid-Afrikaners ken Pierneef se kenmerkende skilderye.
19 May 15 min

Habitat

’n Habitat is ’n spesifieke natuurlike gebied of fisieke omgewing waarin ’n gegewe soort dier, plant of organisme leef. ’n Habitat kan ook ’n ekostelsel of ’n bioom genoem word.
19 May 13 min

Grondsoorte

Het jy al gewonder hoeveel grond daar op aarde is en waar dit vandaan kom? Toe die aarde baie, baie jare gelede gevorm is, het dit net uit rotse bestaan. Soos die rotse verkrummel het en dit deur wind en water verweer is, is grond gevorm.
19 May 6 min

Genesende eienskappe van die aalwyn

Sedert antieke tye is aalwyne in Egiptiese hiërogliewe en in die San en Khoi se rotstekeninge opgeteken. Dié groen vetplant met die sagte, deurskynende gel (taai vloeistof) in sy blare, is nie net mooi in jou tuin of in ’n pot in die huis nie, maar het ook ’n lang…
19 May 6 min

Fiksheid

Oefening verskaf suurstof en voedingstowwe aan die liggaam. As jou hart- en longgesondheid verbeter, het jy sommer baie meer energie om jou skoolwerk en aktiwiteite aan te pak. Oefening maak boonop jou immuunstelsel sterk, wat beteken jy sal nie so maklik siek word nie.
19 May 4 min
1 – 20