Volgens Johny Klein het hy hom nog nooit self as ʼn gebore storieverteller gesien nie. Maar wanneer hy sy mond oopmaak, vloei die stories byna organies uit sy mond en kan jy nie anders nie as om aan sy lippe te hang en weggevoer te word na ʼn wêreld waar…
In elke episode reis ʼn bekende gas saam met Adam Tas en ná afloop van elke dag se avontuur word heerlik kos gemaak met die vangs van die dag en gesellig om die kampvuur gekuier.
“Ek wil 'n positiewe boodskap daar buite sit. Ek dink dit is baie belangrik vandag in Suid-Afrika om positief te bly, al is dit hóé moeilik. Dit is belangrik om nie negatief te dink en afbrekende goed daar buite te sit nie, want jy gaan nêrens kom deur negatief te…
Die langverwagte aksiekomedie "Ander Mens" begin Vrydag in rolprentteaters draai en dié rolprent belowe om kykers op die punte van hul stoele te laat sit.
“Ek voel nie asof ek ʼn groot naam in die bedryf is nie. Dit is net vir my wonderlik om ʼn vertoning te doen en dan is die teater vol. Dit beteken baie vir my. Ek is ongelooflik bevoorreg."
Om te luister hoe Dawid Minnaar oor teater praat, is soos om te luister hoe ʼn sjef sy kenmerkendste dis uiteensit. Hy het insig en begrip ver bo dít wat jou beperkte kennis van die onderwerp bied en praat met die wysheid wat slegs toegeskryf kan word aan jare lange…
Ná byna 20 jaar in die bedryf is Valeska se debuutalbum My simfonie uiteindelik vandag op digitale platforms bekendgestel – en sy meen dit was die wag werd. “Daar is 18 liedjies in die album en elke enkele liedjie beteken vir my iets, elke liedjie het ʼn storie om te…
Sommige kan dalk onder die indruk wees dat Christiaan Baartman sy eerste verskyning op die Suid-Afrikaanse musiektoneel gemaak het toe hy vroeër vanjaar beoordelaars van The Voice SA met sy weergawe van “Tennessee Whiskey” tydens sy blinde oudisie oorrompel het. Maar dié rasperstem-musikant is al langer as ʼn dekade professioneel…
De Wet Hugo is die skrywer van die Grilgrypersreeks en het onlangs ’n draai by Maroela Media se ateljee gemaak om te kom gesels oor sy rillerboeke vir jong tieners.
Jy sien dit onmiddellik wanneer Len Muller by die vertrek instap. Daardie plat-op-die-aarde‑houding en nederigheid wat weerspieël word in sy warm glimlag en totale onbewustheid van sy eie bekendheid. Maar vir hom het dit nog nooit oor roem gegaan nie.
As daar een ding is wat die formidabele Tannie Evita Bezuidenhout vir Suid-Afrikaners oor die afgelope 40 jaar geleer het, is dit dat ’n mens ook maar ’n bietjie plesier uit die politiek van die dag mag put. Esté Meyer Jansen het telefonies met Pieter-Dirk Uys gesels oor sy jongste…
Sy diep fluweelstem het aanhangers al jare lank gaande (en ja, die vrouegeslag se knieë lam!). Maar Ruhan du Toit was nog nooit een vir 'n gemaksone nie - nou pak hy 'n solo-loopbaan aan.
Smoke het vir jare as kitaarspeler en liedjieskrywer vir gesogte Afrikaanse kunstenaars opgetree. Nou het hy uiteindelik besluit om self die kollig te betree.
Ratio Christi, ’n apologetiekvereniging, bied volgende week ’n kongres in Pretoria aan, waartydens ’n hele rits apologete gaan praat, onder hulle bekende internasionale apologete, soos professor Richard Howe, van die VSA.
4 Jul 2019
14 min
1040 – 1060
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.