In die era van sosiale media waarin mense glo om vlekkeloos te wees is gelyk aan perfeksie, het Chantel Struwig egter die keuse gemaak om haar unieke voorkoms vir ʼn goeie doel aan te wend en ʼn positiewe boodskap oor selfbeeld uit te dra.
Die Amerikaanse sangeres het die heel eerste keer Suid-Afrikaanse gehore se aandag getrek met haar weergawe van die Valiant Swart-treffer, “Sonvanger”.
Meer as vier jaar sedert Nádine laas nuwe Afrikaanse musiek vrygestel het, het sy nou die klankgolwe getref met ʼn splinternuwe enkelsnit wat klaar beloof om ʼn groot gunsteling op Suid-Afrika se radiostasies te word.
Lance James is Suid-Afrikaanse country-bloubloed en hy het ʼn diepe respek en waardering vir die duisende aanhangers wat hom al soveel jare lank op die verhoog hou. Op amper 81 het hy pas sy jongste album, Swan Song, vrygestel en James hoop om met die wye verskeidenheid musiek daarop die…
In Julie sal Jannie du Toit sy sogenaamde “Kunstefees in die kleine” by die Atterbury-teater in Pretoria aanbied. Hy sal tydens dié spesiale dag drie van sy gewildste musiekproduksies in verskillende tydgleuwe by dié toonaangewende teater uitvoer.
"Ek en Wynand het intussen ʼn paar country-albums saam uitgebring. Ek het egter in 2009 vir die laaste keer ʼn kommersiële solo-album uitgebring, so hierdie is vir my baie opwindend."
Theo Kemp het met Esté Meyer Jansen gesels oor sy jongste boek 'Strafjaart' by die Richtershuyz-gastehuis in Brooklyn, Pretoria. Kemp vertel wat die sneller was vir sy boek en van sy eie ervaring in die wagkamer van Pollsmoor terwyl hy self gewag het om ’n familielid te besoek.
Hugo Ludik, Vaughan Gardiner en Alishia van Deventer het kragte saamgesnoer om ʼn werkswinkel aan te bied vir opkomende sangers, musikante, bestuurders en agente om dié musiekbedryf beter te verstaan.
Ons almal is sterflinge wat beslis in ʼn sekere stadium met die dood gekonfronteer sal word, tog vermy die meeste mense eerder die onderwerp en wil eerder nie daaroor praat nie. Tobie Wiese se jongste boek 'Wreed én mooi is die dood' wil die stilte oor die onderwerp verbreek.
Aussie-krieketkommentators soos Brendan Julian en Adam Gilchrist het hulle in vorige eendagreekse boeglam gesukkel om die Proteas se ster veelsydige speler, Andile Phehlukwayo, se naam korrek uit te spreek. Maar met net ’n vinnige, “ek-soek-’n-wenk“-versoek, laat die tweejarige Albert Kruger vir Gilchrist en Kie bloos. Want hierdie mannetjie kén sy…
Dewald Wasserfall vertel hy het aan die album geskryf toe daar beurtkrag was en het een dag ʼn halwe dag se werk verloor toe hy nie die stoor-knoppie gedruk het nie. Die inspirasie vir die titelsnit, “Elektrisiteit”, is hieruit gebore.
“As ek in die boomhuis was kon ek die heuwels van Despatch in die verte sien en ek het altyd gewonder wat lê anderkant dit.”
29 May 2019
11 min
1060 – 1080
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.