Die Wetsontwerp op Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels gaan strenger reëls toepas – ook op damprokers. Dit poog om die rook en verkoop sowel as advertensie van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels. Linda Grimbeek van die KLCBT vertel vir Robin hoekom sy ten gunste van die wetsontwerp is.
Die Wetsontwerp op Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels gaan strenger reëls toepas – ook op damprokers. Sou dit goedgekeur word, sal die wetsontwerp rookvrye binnenshuise openbare en sekere buitelugplekke instel, die verkoop van sigarette deur vendingmasjiene verbied, gewone verpakking bekend met grafiese gesondheidswaarskuwings/prente instel, die vertoning by verkooppunte verbied,…
Plaaslike rocker Coenie Naudé is terug met 'n splinternuwe enkelsnit, "Voel jy my". Hy gesels met Ludi oor die genialiteit van Hunter Kennedy, wat dit uit sowat agt ou gedigte uit Coenie se pen geskryf het. "Dit gaan oor In die oomblik wees," sê hy.
Laevelders het vandag die meeste gemaak van die geleentheid om dik sneeu te ervaar en langs die Long Tom-pas gaan baljaar. Hannelie Myburgh het haar gesin 04:00 vanoggend geneem, sodat hulle betyds terug in Mbombela kon wees vir werk. Bernadette Cronje woon in Lydenburg. Sanett Oosthuizen se kinders het saam…
'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, het twee tieners wat gister gaan stap het, bevestig hulle het hom gesien. Macaulay sê dit pas in die tydlyn en dit is die hoofleidraad…
Albert Gryvenstein is Bossies Community Justice (BCJ). Hy gesels met Adriaan oor wat hierdie nie-winsgewende maatskappy doen en misdaad in die Laeveld.
In "The Buck That Buries its Poo" beantwoord natuurkundige Quinton Coetzee fassinerende vrae oor natuurlewe en klaar hy verskeie mites op oor diere in die bos wat ons dink ons goed ken. Hy gesels met Charles.
Erns Grundling stap voor die rugby Wêreldbeker later vanjaar in Frankryk afskop, deur die land. Hy doen nie net by bekende Suid-Afrikaners wat daar woon (insluitende rugbyspelers) aan nie, maar ontmoet ook interessante karakters van oraloor op die Franse deel van die Camino. Hy het voor die reeks gisteraand op…
"Al moet jy vir die res van die maand brood eet, koop 'n kaartjie vir 'Kamphoer'," sê feesvlinder Sanett Oosthuizen. Sandra Prinsloo is te sien in "Kamphoer – die verhaal van Susan Nell". Dit is kragtig en pragtig.
Jakkie Louw en Charlize Berg (Jakkals en Berg) se jongste enkelsnit, "Bella Musica" is so kraakvars dat dit vandag vir die eerste keer ooit op radio gespeel is - en dit was op 100.5FM. Jakkie het by Ludi kom kuier op die 100.5FM buite-ateljee op die Innibos-feesterrein.
Die joernalis Jacques Pauw was vanoggend die gas tydens die 100.5FM-boekgesprek met Annemarie van der Walt. "Suid-Afrika is 'n wonderlike plek om 'n ondersoekende joernalis te wees," sê hy.
Ilne Fourie se komedieteks kry 10/10 by Innibos feesvlinder Sanett Oosthuizen. Vir haar steel Margit Meyer-Rödenbeck se netbaljuffrou, Zelda de Wet, die kollig.
Almal wat op skool was sal hul skoolmaats herken in Frank Opperman se karakters wat hul "Reünie" bywoon. Hoe dan anders? Dit is uit die pen van Dana Snyman. Feesvlinder, Amrei Wolff, gesels met Andri.
Reza de Wet se "Mirakel" het Dawid Minnaar, Bettie Kemp, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis in die rolverdeling met regie deur Marthinus Basson. Die verhaal van oorlewing en verraad, idealisme en realiteit is nog steeds net so vars en in gesprek met ons huidige…
Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter vanuit hul tuistes in die buiteland uit sy lekker huis in die Kaap in Huis Madeliefie in. Hans wend vindingryke pogings aan om te ontsnap. Feesvlinder Sanette Mattheus vind Charlie Bouguenon beweeg soomloos tussen al die karakters wat hy…
Nicholis Louw skiet vanaand die verlengde video van sy jongste treffer “Coco Pops en Kaas” by Innibos tydens die Huisgenoot-afskopkonsert. Hy vertel vir Ludi hoekom 'n mens ook warm sjokolade en kaas 'n regverdige kans moet gee.
29 Jun 2023
6 min
680 – 700
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.