100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,268 Episodes
700 – 720

Magda Louw hou solovertoning by Innibos

Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers, en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy tog kwytraak as die mikrofoon in haar hand geplaas…
29 Jun 2023 1 min

Lizz dra drie hoede by Innibos 2023

Lizz Meiring is vanjaar by Innibos te sien in die eenvroustuk, "Van die rak af", sy behartig die regie van "Hans steek die Rubicon oor" en sy lei gesprekke met bekendes en berugtes by die Boma-kuierteater. Sy gesels met Charles.
29 Jun 2023 5 min

Boekgesprek met Dana Snyman

Dana Snyman was vanoggend die eerste gas tydens die 100.5FM-boekgesprek met Annemarie van der Walt. Hy is die skrywer van die komedie “Reünie” met Frank Opperman (De Klerk Oelofse maak sy debuut as regisseur). Verwag fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie, sê hy.
29 Jun 2023 29 min

Feesvlinder: Klankdramas verras en vermaak

'n Reeks kort klankdramas is gisteraand uitgesaai en was dit nie 'n sensoriese ervaring nie. Feesvlinder, Sanett Oosthuizen, wat ook een van die stemkunstenaars was, gesels met Sonop-Ontbyt.
29 Jun 2023 11 min

Dit is weer feestyd in die Laeveld

Innibos is hier! Die fees skop, na 'n afwesigheid van drie jaar, vandag weer in sy volle glorie af met die land se top kunstenaars en hope plaaslike talent. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, vertel vir Gerhardt en Andri wat jy alles moet weet.
29 Jun 2023 12 min

Tiffany Steyn die naweek by Innibos

Die plaaslike sangeres, Tiffany Steyn, is van die Laeveldse talent wat die naweek tydens Innibos by die kuierverhoë optree. Sy gesels met Charles.
29 Jun 2023 6 min

Riana Nel môreaand by Innibos

Riana Nel tree Donderdagaand saam met Bok van Blerk, Appel, Elandré, Francois van Coke en Kurt Darren op tydens die Huisgenoot-afskopkonsert by Innibos. Sy onthou hoe sy 11 jaar gelede haar man by die fees ontmoet het.
28 Jun 2023 5 min

Klankdramas by Innibos Woensdagaand met spesiale produksie bekendgestel

ʼn Splinternuwe vertoning by vanjaar se fees is die Klankdramas wat deur Kobus Burger van RSG-faam aangebied gaan word. Verskeie skrywers is uitgenooi om die meester-skryfklas by te woon en hierdie dramas word dan Woensdagaand as ʼn produksie uitgesaai. Feesgangers woon die uitsending by waar die drama belig word deur…
27 Jun 2023 11 min

Jong ringkontak-vegter op pad oorsee

Ringkontak gevegskuns (RCFA) is 'n trots Suid-Afrikaanse styl. Dulan Venter, van die Nelspruit Gryphons, is een van 45 gevegskunstenaars wat gekies is om Suid-Afrika in Augustus in Engeland te verteenwoordig by die WKO Wêreldkampioenskappe. Hy vertel vir Andri meer oor RCFA.
27 Jun 2023 14 min

Just Jinjer Vrydagaand by Innibos te sien

Just Jinjer tree Vrydagaand tydens die Jacaranda FM-konsert by Innibos op saam met onder meer Robbie Wessels, Droomsindroom, Brendan Peyper, Karlien van Jaarsveld en Spoegwolf. Ard Matthews deel sy opwinding net Gerhardt en Andri.
27 Jun 2023 5 min

Twee op pad na Laser Run Wêreldkampioenskap

Na afloop van die nasionale Laser Run-kampioenskap wat Saterdag by Mankele in die Laeveld aangebied is, is Logan van der Westhuizen en George Neuhoff (beide o.11) op pad na die Wêreldkampioenskap. Dit vind in Augustus in Bath plaas. Hulle gesels saam met Johan Matthysen van Mpumalanga Moderne Vyfkamp oor die…
27 Jun 2023 11 min

Innibos-voorskou: Kamphoer – die verhaal van Susan Nell

Sal jy wraak neem as jy die kans gegun word, of eerder vergewe? Dit is een van die temas wat deur "Kamphoer – die verhaal van Susan Nell" aangeroer word. Sandra Prinsloo speel die hoofrol. Feesvlinder, Sanett Oosthuizen, sê sy het baie hoë verwagtinge.
26 Jun 2023 8 min

Safari Country Nelspruit vier eerste jaar

Safari Country Nelspruit vier Saterdag hul eerste verjaarsdag. "Dit voel nie meer soos werk nie, dit voel soos 'n gemeenskap wat bymekaar kom," sê Leandré Coetzer vir Andri. 100.5FM saai regstreeks uit vanaf die verjaarsdagverrigtinge waar jy uit kan sien na hope spesiale aanbiedinge en pryse om te wen.
26 Jun 2023 7 min

Curriebeker: Jimmy en Marius hou nabetragting

Die Airlink Pumas kon Saterdag nie hul Curriebeker-titel suksesvol verdedig nie en het met 17-25 teen die Toyota Cheetahs verloor. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse en uitvoerende beampte van die Pumas, Marius van Rensburg, hou nabetragting saam met Andri.
26 Jun 2023 8 min

Corlea Saterdag by Innibos

Corlea Botha sluit op Saterdag 1 Julie by onder meer Die Heuwels Fantasties, Ricus Nel, Demi Lee Moore, Jo Black, Bernice West en Elvis Blue aan vir die Innibos kykNET-konsert. Sy gesels met Andri.
23 Jun 2023 5 min

Innibos Boekgesprekke volgende week op 100.5FM

Annemarie van der Walt is die onderhoudvoerder tydens die daaglikse 100.5FM boekgesprekke by Innibos. Sy sal elke dag tussen 11:00 en 12:00 by die Radio Laeveld- uitsaaistasie op die feesterrein interessante boekegesprekke met skrywers voer. Dit word ook regstreeks op 100.5FM uitgesaai. Donderdag 29 Junie is dit Dana Snyman, Vrydag…
23 Jun 2023 6 min

Werkloosheid onder jeug 'n kruitvat wat wag om te ontplof

Die nuwe president van die KLCBT, prof. David Mabunda, sê hy is baie bekommerd oor die kruitvat wat die hoë werkloosheidsyfer, veral onder die jeug, in Suid-Afrika laat opebou en wat hy glo enige oomblik kan ontplof. Hy het tydens sy inhuldigingsgeleentheid met Robin gesels.
23 Jun 2023 2 min

Pumas slaggereed vir Cheetah-eindstryd

Die Puma-span wat môre hul Curriebeker-titel in Bloemfontein teen die Cheetahs verdedig, bly onveranderd van verlede week se halfeindronde. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie uit na die wedstryd. Hy en Marius van Rensburg het voor hul vertrek met Andri gesels.
23 Jun 2023 7 min
700 – 720