Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
200 – 220

Rugby: Bulle verwag taai stryd teen Leeus

Die Blou Bulle en die Leeus draf vanmiddag om halftwee op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar uit in rugby se sogenaamde Jukskei-derby. Die span uit Johannesburg is tans vierde op die punteleer in die Verenigde Rugbykampioenskap, met die Bulle in die sewende posisie. Johan Ackermann, hoofafrigter van die Bulle,…
10 Oct 3AM 1 min

Boere in toenemende knyptang

Die landbougemeenskap in die Suider-Afrikaanse streek is volgens berigte onder druk, as gevolg van verskeie faktore. Die uitvoerende voorsitter van die Suider Afrikaanse Agri-Inisiatief (Saai), dr. Theo de Jager, het die situasie so aan Kosmos 94.1 nuus verwoord:
10 Oct 2AM 1 min

Rugby: Afrigters van topspanne gesels oor eindstryd

Namibië se kampioene van die 2026-rugbypremierliga word vandag gekroon wanneer FNB Kudus teen FNB Wanderers te staan kom in 'n herhaling van verlede jaar se eindstryd by die Hage Geingob-nasionale rugbystadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofafrigters van albei spanne gesels. Wanderers se hoofafrigter, Darryl de la Harpe, sê…
10 Oct 1AM 1 min

COPPS 94.1: Dramatiese nag van misdaad

COPPS 94.1 het 'n spannende Vrydagaand beleef met gevalle van moord, aanranding, roof en dronkbestuur wat in Windhoek deur die polisie hanteer is. Francois Lottering doen verslag.
9 Oct 11PM 1 min

Polisieminister vra vir kalmte in betogings teen migrante

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, vra kalmte te midde van voortdurende betogings teen migrante in Johannesburg en Durban. Betogings is in Braamfontein, Soweto en Durban aangemeld ná 'n uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor asielaansoeke. 'n Voertuig is by Konstitusieheuwel aan die brand gesteek en die polisie het…
9 Oct 11AM 1 min

Uitdaging met behuising draai in parlement

Uitdagings wat behuisingsvoorsiening beïnvloed, geniet aandag in die parlement, aangesien plaaslike owerhede vra vir verbeterde kommunikasie, finansiering en projekondersteuning. Die Parlementêre Staande Komitee oor Stedelike en Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming voer samesprekings met belanghebbendes in Windhoek, waar Sakaria Namhindo van die Otjiwarongo-munisipaliteit hierdie kwessies uitgelig het as groot struikelblokke vir…
9 Oct 11AM 1 min

Mynwerkersunie op oorlogspad oor laerbetaalde kontrakarbeid

Die Mynwerkersunie van Namibië gaan bewusmaking verskerp om te verhoed dat mynmaatskappye permanente poste met laerbetaalde kontrakarbeid vervang. Die MUN se algemene sekretaris, George Ampweya, sê 'n posisiedokument wat aan die regering voorgelê is, het 'n parlementêre ondersoek na subkontrakteringsmisbruik van stapel gestuur. Ampweya het kontrakwerkers aangespoor om by die…
9 Oct 10AM 1 min

Zaamwani soek oudit van hervestigingsplase

Landbouminister Inge Zaamwani het opdrag gegee vir 'n oudit van alle plase wat die regering die afgelope vyf jaar verkry het, om vas te stel hoeveel daarvan toegewys is, hoeveel steeds onbewoon is en of die grond produktief aangewend word. Die oudit sal ook plase identifiseer wat rehabilitasie vereis voordat…
9 Oct 10AM 1 min

IPC wil petisie teen TransNamib indien

Die IPC beplan om 'n petisie by die eerste minister en parlementêre komitees in te dien oor TransNamib se sloerende dissiplinêre verhore teen twee senior bestuurders. Die IPC-skaduminister, Nelson Kalangula, het die gebrek aan vordering met verhore wat vir Julie en Augustus geskeduleer is, gekritiseer na ministeriële ingryping wat die…
9 Oct 9AM 1 min

Weermag ontplooi in Soweto-betogings teen immigrasie

Die Gautengse primier, Panyaza Lesufi, sê wetstoepassingsagentskappe hou die situasie in Soweto onder beheer te midde van versetoptrede teen immigrasie. Lesufi sê bykomende hulpbronne, insluitend die weermag, is ontplooi om te help om die orde te handhaaf. Hy sê die regering hou gesprekke met organiseerders wat vreedsaam hul kommer geopper…
9 Oct 9AM 1 min

Polisie vra publiek se hulp ná gru-ontdekking naby Daan Viljoen

Die polisie vra die publiek se hulp ná die gru-ontdekking van ’n middeljarige vrou se verminkte bolyf in ’n rivierbedding naby Daan Viljoen. Die polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, sê forensiese ondersoeke is aan die gang om die slagoffer se identiteit vas te stel. Sy doen ’n dringende beroep op enigiemand…
9 Oct 8AM 1 min

Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay wen Nobelprys vir Vrede

Die Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay is met die 2026 Nobelprys vir Vrede bekroon vir haar pogings om vrede, menseregte en internasionale reg te bevorder. Pillay, wat tydens apartheid in Durban, KwaZulu-Natal, gebore is, het as Suid-Afrikaanse en internasionale regter gedien, asook as hoof van menseregte by die Verenigde Nasies. Jorgen…
9 Oct 8AM 1 min

Stats SA: Vervaardigingsproduksie daal in Aug met 4,3%

Stats SA sê vervaardigingsproduksie het in Augustus met 4,3-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste dalings was in motorvoertuie, chemikalieë, hout en papier, en voedsel en drank. Produksie het ook sedert Julie met 3,1-persent gedaal. Verkope in die vervaardigingsektor het egter in Augustus met 1,1-persent toegeneem en…
9 Oct 6AM 1 min

NamBTS: Kom skenk die naweek bloed!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen 'n beroep op geskikte skenkers, veral diegene met O-tipe bloed, om hierdie naweek by die NamBTS-hoofkwartier in Windhoek te skenk. Woordvoerder Frieda Asino het beklemtoon dat menslike bloed geen mediese plaasvervanger het nie, en het die belangrike rol daarvan in die redding van pasiënte wat…
9 Oct 6AM 1 min

NNN: Maatskappye moet hul maatskaplike-skenkings verhoog

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op die openbare en private sektor gedoen om hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid ernstig op te neem en hul jaarlikse skenkings te verhoog. Sy het Donderdag by die Staatshuis gepraat tydens Namport se amptelike oorhandiging van 90 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Sokkervereniging ter…
9 Oct 6AM 1 min

Ballotti: Opgraderings by Sam Nujoma-stadion vorder goed

Adjunkminister van jeug en sport, Dino Ballotti sê Katutura inwoners kan daarna uitsien om binnekort weer groot sokker-toernooie by die Sam Nujoma-stadion by te woon. Hy sê herstelwerk aan die stadion vorder goed. Ballotti sê ook dat van die ander publieke sport-fasiliteite regoor die land tans opgraderings ondergaan:
9 Oct 6AM 1 min

Ultimate.earth skenk rekenaars aan Abraham Gariseb-laerskool

Sewe nuwe rekenaars gaan aan leerders van die Abraham Gariseb-laerskool in Sorris Sorris groter toegang tot tegnologie en nuwe opvoedkundige geleenthede bied. Die rekenaars, met 'n waarde van ongeveer 100 000 Namibiese dollar, is deur ultimate.earth en sy Conservation Travel Foundation geskenk as deel van 'n groeiende program om leerders…
9 Oct 6AM 1 min

Regter Esi Schimming-Chase neem afskeid van Gert Strydom

Die voormalige Hoofregter Gert Strydom is vandag tydens 'n staatsgedenkdiens in die Parlementstuine in Windhoek vereer vir sy onwrikbare toewyding aan geregtigheid. Strydom, wat op 88-jarige ouderdom in Swakopmund oorlede is, het van 1999 tot 2003 as Namibië se derde Hoofregter gedien. Regter Esi Schimming-Chase van die Hooggeregshof het sy…
9 Oct 6AM 1 min
200 – 220