Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1 – 20

IPPR bekommerd oor deursigtigheid met tenders

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing spreek kommer uit oor die swak nakoming van beplanningsvereistes vir openbare verkryging, nadat slegs 87 uit 260 verkrygingsaktiwiteite vir die 2026/2027-boekjaar gepubliseer is. Dit is slegs 33 persent. IPPR-navorser Frederico Links het Vrydag die syfers bekend gemaak en die Eenheid vir Openbare Verkryging in die…
17 Oct 6AM 1 min

BKS: 182 beeste op Kalala-eiland, Zambezi ingeënt

Namibië se stryd teen bek-en-klouseer in die Zambezistreek het ’n belangrike mylpaal bereik, met al 182 beeste op een plaas op Kalala-eiland wat reeds ingeënt is. Die hoofveeartsenybeampte, dr. Kenneth Shoombe, het dié vordering Vrydag bevestig. Kalala-eiland, in die Kabbe-kiesafdeling, worstel met ’n afsonderlike uitbreking van bek-en-klouseer, wat nie verband…
17 Oct 5AM 1 min

Vennootskap met MSC-plesierbote skep werk vir jong Namibiërs

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het weer met MSC Cruises saamgewerk om internasionale werksgeleenthede vir jong Namibiërs te skep. Sedert die vennootskap middel-2023 begin het, is meer as 8 400 aansoeke ontvang, wat tot 42 werksaanbiedinge gelei het, waarvan 25 Namibiërs poste aan boord van MSC-plesierbote aanvaar het. Catherine Shipushu,…
17 Oct 4AM 1 min

Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom…
17 Oct 3AM 1 min

KZN staal hulself teen El Niño

Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van…
17 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min

Bly kalm, hand-, voet- en mondsiekte nie soos BKS

Die gesondheidsministerie doen 'n beroep op die publiek om kalm te bly ná berigte oor hand-, voet- en mondsiekte op Rehoboth, wat 19 kinders raak. Die ministerie sê alle aangemelde gevalle is stabiel en waarsku terselfdertyd teen verkeerde inligting, die sluiting van skole en onnodige paniek. Die ministerie se woordvoerder,…
16 Oct 10AM 1 min

Duitse volksmoord-mosies sal moeilik slaag: kenner

Reaksie word ontvang op die Duitse parlement wat debat gevoer het oor die volksmoord op die OvaHerero- en Nama-volke. Dit was na twee aparte opposisie-mosies van die Linkse Party, wat herstelbetalings vir die afstammelinge van die slagoffers eis, en die Greens wat vra dat kulturele artefakte en menslike oorskot aan…
16 Oct 10AM 1 min

Solidariteitsveldtog vir Kuba kort nog N$3,6 miljoen

Die Nasionale Solidariteitsveldtog het 3 miljoen Namibiese dollar ingesamel om mediese voorrade en sonkragpakkette vir Kubaanse gesondheidsentrums aan te skaf. Die veldtogvoorsitter, Helmut Angula, het aangekondig dat fondsinsameling tot November sal voortduur om die oorblywende 3,6 miljoen dollar in te samel wat nodig is om 140 kubieke voet sonkragpakkette te…
16 Oct 10AM 1 min

Madlanga-kommissie juig oor Suliman Carrim-arrestasie

Die Madlanga-kommissie verwelkom die inhegtenisneming van die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Hy het in Maart voor die kommissie verskyn, maar daaropvolgende verskynings misgeloop om mediese redes. Woordvoerder Jeremy Michaels sê Carrim is aangekla nadat hy versuim het om op 14 Augustus…
16 Oct 9AM 1 min

Regering 'moet BKS-verbod op jagtrofee-uitvoere heroorweeg'

Die professionele jagter Jofie Lamprecht sê grootwildjag en die uitvoer van die trofeë dra tussen 250 miljoen en 300 miljoen Namibiese dollar tot die land se ekonomie by. Hy sê dit is daarom belangrik dat die regering sy besluit om die uitvoer van grootwildtrofeë te verbied, dringend heroorweeg om te…
16 Oct 9AM 1 min

Fifa-baas vra verskoning oor privatiseringsplan

Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het verskoning gevra vir sy plan om die Wêreldbekertoernooi te privatiseer. Hy sê foute is gemaak wat tot baie gevolge gelei het. Hy het in Augustus ‘n omstrede plan geskrap om 'n aandeel in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop nadat bestuursliggame heftig…
16 Oct 8AM 1 min

Creecy keur brandstofheffing-verhoging af, Cosatu juig

Die vakverbond Cosatu verwelkom vervoerminister Barbara Creecy se ingryping om nog ʼn verhoging in die brandstofheffing te keer. Sy het ʼn voorstel van die Padongelukkefonds om die POF-heffing tot drie Suid-Afrikaanse rand per liter te verhoog, afgekeur en sê verbruikers is reeds onder groot druk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers…
16 Oct 8AM 1 min
1 – 20