
Verlaag brandstofpryse, vra Action Forum Namibia
Loading player...
Action Forum Namibia doen 'n beroep op die regering om brandstofpryse in Desember te verlaag en die stygende lewenskoste aan te spreek. Voorsitter Elize Cilliers sê diesel- en petrolpryse in Walvisbaai het sedert Maart met onderskeidelik meer as 11 en 9 Namibiese dollar per liter gestyg, terwyl Brent-ruoliepryse die afgelope maand met meer as 20 persent gedaal het. Sy vra dat brandstofheffings verder verlaag, maandelikse prysberekeninge bekend gemaak en huishoudings se finansiële druk verlig word.

