
/Khomanin-gemeenskap vra respek, gelyke behandeling
Loading player...
Die /Khomanin-gemeenskap spreek hul frustrasie uit nadat ’n geskeduleerde vergadering met die landbouminister nie plaasgevind het nie. Die gemeenskap sê hulle probeer al maande lank om die regering se hulp te kry om voorvaderlike grond terug te kry. Dit sluit in die identifisering van 24 eiendomme wat moontlik deur die regering aangekoop kan word. Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb sê hulle het Donderdagoggend by die minister se kantoor opgedaag vir die geskeduleerde vergadering, maar is weggewys. Die vergadering is intussen uitgestel tot volgende week.

