
Watertekorte, voorsieningsprobleme stapel op: Zaamwani
Loading player...
Landbou- en waterminister Inge Zaamwani waarsku dat Namibië die volgende paar jaar steeds watertekorte gedurende elke droë seisoen kan ervaar totdat groot infrastruktuur-opgraderings voltooi is. Die drie hoofdamme wat onder andere Windhoek van water voorsien, staan tans gesamentlik op slegs 39,4 persent, terwyl kragonderbrekings en verouderde pyplyne water-voorsiening verder belemmer.

