
Jordie Barrett nou 3de Barrett-broer as All Blacks kaptein
Loading player...
Rugby: Jordie word die derde Barrett-broer om Nieu-Seeland aan te voer wanneer hulle môre op Twickenham teen Engeland te staan kom vir die derde plek in die Nasieskampioenskap. Sy broers Scott en Beauden, wat ook al All Black-kapteins was, is albei in die groep vir die herontmoeting. Die Kiwi's het tot vyfde plek op die wêreldranglys teruggesak na verlede naweek se nederlaag teen Engeland. Afrigter Dave Rennie sê die span het groot respek vir Jordie, 'n veteraan van 88 toetse:

