Rugby: Jordie word die derde Barrett-broer om Nieu-Seeland aan te voer wanneer hulle môre op Twickenham teen Engeland te staan kom vir die derde plek in die Nasieskampioenskap. Sy broers Scott en Beauden, wat ook al All Black-kapteins was, is albei in die groep vir die herontmoeting. Die Kiwi's het…
Action Forum Namibia doen 'n beroep op die regering om brandstofpryse in Desember te verlaag en die stygende lewenskoste aan te spreek. Voorsitter Elize Cilliers sê diesel- en petrolpryse in Walvisbaai het sedert Maart met onderskeidelik meer as 11 en 9 Namibiese dollar per liter gestyg, terwyl Brent-ruoliepryse die afgelope…
Landbou- en waterminister Inge Zaamwani waarsku dat Namibië die volgende paar jaar steeds watertekorte gedurende elke droë seisoen kan ervaar totdat groot infrastruktuur-opgraderings voltooi is. Die drie hoofdamme wat onder andere Windhoek van water voorsien, staan tans gesamentlik op slegs 39,4 persent, terwyl kragonderbrekings en verouderde pyplyne water-voorsiening verder belemmer.
Die /Khomanin-gemeenskap spreek hul frustrasie uit nadat ’n geskeduleerde vergadering met die landbouminister nie plaasgevind het nie. Die gemeenskap sê hulle probeer al maande lank om die regering se hulp te kry om voorvaderlike grond terug te kry. Dit sluit in die identifisering van 24 eiendomme wat moontlik deur die…
Die huidige sogenaamde super-El Niño versterk steeds in die Stille Oseaan en bereik na verwagting in Desember sy piek, met moontlike ernstige droogte- en hittewaarskuwings vir Suider-Afrika tot vroeg volgende jaar. Professor Willem Landman, hoogleraar in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, het sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.