
Rekord-petrolprysverlaging moontlik in Desember vir SA motoriste
Loading player...
Suid-Afrikaanse motoriste kan moontlik vroeg Kersfees by die brandstofpompe vier, met petrolpryse wat in Desember aansienlik kan daal. 'n Skerp daling in internasionale oliepryse het tot groot oorverhalings gelei, wat selfs die verwagte verhoging van 50 sent per liter weens die gedeeltelike terugtrekking van brandstofbelastingverligting oorskry. Indien die huidige tendens voortduur, kan dit die grootste petrolprysverlaging op rekord tot gevolg hê. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gesels oor wat motoriste kan verwag.

