
Koringoes vanjaar vroeër deur meulenaars aangekoop
Loading player...
Die Akkerbouraad sê plaaslike meulenaars koop vanjaar se koringoes vroeër aan weens die goeie gehalte en kommer oor vroeë reën. Die raad se algemene bestuurder vir tuinbou- en akkerbou-ontwikkeling, Gilbert Mulonda, sê meulenaars in die sentrale gebiede het reeds begin om die oorblywende 2 977 ton koring in die Karst- en sentrale sones aan te koop. Die proses sal na verwagting teen middel-Desember afgehandel wees.

