Leon Schuster: Van rugbyveld tot koning van komedie

Loading player...
Min mense weet dat Suid-Afrika se koning van komedie, Leon Schuster, eens 'n gedugte haker vir die Universiteit van die Oranje-Vrystaat se eerstespan was. Dit was in die vroeë sewentigerjare, lank voordat hy die land met sy rolprente en poetse aan die skaterlag gehad het. Met die Springbokke se kragmeting teen Frankryk om die draai, deel Schuster nou eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus herinneringe aan sy rugbydae én sy onvergeetlike ontmoetings met die Franse.
27 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jordie Barrett nou 3de Barrett-broer as All Blacks kaptein

Rugby: Jordie word die derde Barrett-broer om Nieu-Seeland aan te voer wanneer hulle môre op Twickenham teen Engeland te staan kom vir die derde plek in die Nasieskampioenskap. Sy broers Scott en Beauden, wat ook al All Black-kapteins was, is albei in die groep vir die herontmoeting. Die Kiwi's het…
27 Nov 10AM 1 min

Verlaag brandstofpryse, vra Action Forum Namibia

Action Forum Namibia doen 'n beroep op die regering om brandstofpryse in Desember te verlaag en die stygende lewenskoste aan te spreek. Voorsitter Elize Cilliers sê diesel- en petrolpryse in Walvisbaai het sedert Maart met onderskeidelik meer as 11 en 9 Namibiese dollar per liter gestyg, terwyl Brent-ruoliepryse die afgelope…
27 Nov 10AM 1 min

Watertekorte, voorsieningsprobleme stapel op: Zaamwani

Landbou- en waterminister Inge Zaamwani waarsku dat Namibië die volgende paar jaar steeds watertekorte gedurende elke droë seisoen kan ervaar totdat groot infrastruktuur-opgraderings voltooi is. Die drie hoofdamme wat onder andere Windhoek van water voorsien, staan tans gesamentlik op slegs 39,4 persent, terwyl kragonderbrekings en verouderde pyplyne water-voorsiening verder belemmer.
27 Nov 9AM 1 min

/Khomanin-gemeenskap vra respek, gelyke behandeling

Die /Khomanin-gemeenskap spreek hul frustrasie uit nadat ’n geskeduleerde vergadering met die landbouminister nie plaasgevind het nie. Die gemeenskap sê hulle probeer al maande lank om die regering se hulp te kry om voorvaderlike grond terug te kry. Dit sluit in die identifisering van 24 eiendomme wat moontlik deur die…
27 Nov 9AM 1 min