
Politieke onbestendigheid in Tshwane sal voortduur: DA
Loading player...
Die DA in Tshwane sê hy neem die opposisiebank in wetende hy het alles moontlik gedoen om ʼn regering te verseker wat daartoe verbind is om die metro vir almal te laat werk. Die DA is ná die plaaslike regering-verkiesing die grootste party in Tshwane, maar die ANC, ActionSA, EFF en MK-party het ʼn koalisie gevorm om die metro te regeer. Nasiphi Moya van ActionSA is herverkies as burgemeester. Cilliers Brink van die DA sê inwoners kan verdere politieke onbestendigheid verwag:

