
Lewis Hamilton sê hy en Leclerc mag meeding
Loading player...
Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, sê hy en sy Ferrari-spanmaat, Charles Leclerc, mag steeds met mekaar meeding. Hulle het verlede naweek liggies gebots in die Grand Prix in Las Vegas na voorvalle in Italië en Mexiko, wat die renjaer van Monaco 'n boete van tien-sekondes en erge kritiek van spanhoof Fred Vasseur op die hals gehaal het. Hamilton sê voor die wedren in Katar hulle moet net regverdig meeding:

