
Herkose Tshwane-burgemeester beloof om dienslewering te versnel
Loading player...
ActionSA se herkose Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya beloof om in haar tweede termyn op die metro se finansiële herstel voort te bou en voorkeur te gee aan betroubare basiese dienste, hernuwing van infrastruktuur en werkskepping. Sy is gister tydens Tshwane se eerste raadsvergadering herkies, en Omphile Maotwe van die EFF is onbestrede as onderburgemeester verkies. Moya sê hulle is vasbeslote om die metro se water- en elektrisiteit-infrastruktuur te bestendig en ʼn duideliker pad na ekonomiese herstel te skep:

