
Drie supermane verhelder die naghemel oor die feestyd
Loading player...
Sterrekykers kan uitsien na drie agtereenvolgende supermane in Desember, Januarie en Februarie. Die astrofisikus, professor Pieter Meintjies, sê die supermane op 24 Desember, 22 Januarie en 20 Februarie sal groter en helderder as gewoonlik in die naghemel voorkom.

