
Moord op ma hernuwe kommer oor hekserybeskuldigings
Loading player...
’n Man se bekentenis in die hof dat hy sy ma vermoor het nadat ’n tradisionele geneser hom glo vertel het dat sy vir sy ereksie-probleme verantwoordelik was, het kommer oor die gevare van hekserybeskuldigings laat herleef. Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer’s Dementia Namibia, sê die saak laat vrae ontstaan oor of die geneser se beweerde rol voldoende tydens die hofverrigtinge aangespreek is. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus doen Holtzhausen ook ’n beroep dat die Wet op die Onderdrukking van Heksery toegepas word.

