
SA regering bewillig N$60m vir opleiding van nuutverkose raadslede
Loading player...
Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê pasverkose munisipale raadslede sal opleiding ontvang om hulle te help om hul pligte uit te voer. Mashatile het in antwoord op mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê 60-miljoen-rand is vir die opleiding toegewys. Die opleiding sal fokus op rolle en verantwoordelikhede, insluitend kwessies wat deur die Ouditeur-generaal uitgewys is. Hy sê raadslede wat behoorlik opgelei is sal hul pligte beter kan uitvoer en plaaslike regering versterk:

