Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2480 – 2500

Walvis bied toerisme forum aan vir operateurs

Die Walvisbaai-munisipaliteit gaan 'n toerisme forum aanbied vir plaaslike toerisme-operateurs. Registrasie vir die forum sluit môre. Die geleentheid vind die 5de November plaas en poog om toerisme-operateurs te help met hulle besighede. Johanna Monde van die munisipaliteit gee meer inligting.
30 Oct 2025 4AM 1 min

RISE vat dobbelkrisis parlement toe

RISE Mzansi sal Vrydag die 1,5 triljoen Suid-Afrikaanse rand dobbelkrisis in Suid-Afrika tydens 'n mini-debat in die Nasionale Vergadering in die kollig plaas. Die Nasionale Dobbelraad se jongste verslag toon die bruto dobbelinkomste het van 59 miljard rand in 2023/24 gestyg tot 75 miljard rand in 2024/25, wat dui op…
30 Oct 2025 4AM 1 min

Handelsooreenkom met VSA dalk binnekort - Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere gehef het, het die land genoop om sy handelsomvang te diversifiseer. Die president is op ʼn tweedaagse staatsbesoek aan Switserland. Die land is een van Suid-Afrika se belangrikste Europese handelsvennote met ʼn handelsvolume van 18,2 miljard Suid-Afrikaanse rand…
30 Oct 2025 3AM 1 min

Derde termyn: Trump wil aandag op hom vestig meen kenners

Sal hy of sal hy nie? President Donald Trump hou aan met aanmerkings dat hy sal staan in 2028 en dan maak hy ‘n ommekeer en sê hy weet hy kan nie. Die Grondwet laat dit nie toe nie. Luister na Speaker Mike Johnson.
30 Oct 2025 3AM 1 min

Wolvaardt gesels oor Protea-vroue se geskiedenis-oomblik

Kaptein Laura Wolvaardt het 'n meesterklas in kolfwerk aangebied toe Suid-Afrika Engeland met 125 lopies in Guwahati geklop het om hul eerste eendag-eindstryd in die Vroue-wêreldbeker te haal. Wolvaardt het 169 lopies gemoker, die hoogste telling ooit van 'n Suid-Afrikaner by 'n Wêreldbeker, sodat die Proteas 'n indrukwekkende 319 vir…
30 Oct 2025 2AM 1 min

Meer as 1,5 miljoen kiesers geregistreer

Die Verkiesingskommissie van Namibië het 'n opdatering gegee oor die aanvullende registrasie van kiesers vir die komende streek- en plaaslike owerheid-verkiesings. Die aanvullende registrasie was vanaf 4 tot 19 Augustus. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka.
30 Oct 2025 2AM 1 min

Likwidasies in SA styg met 24% in September

Die jongste syfers deur Statistieke Suid-Afrika toon 'n toename in ondernemings wat misluk. Totale likwidasies het in September met byna 24-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Maatskappylikwidasies het met 16 gevalle toegeneem, en beslote korporasies met 12. Onica Mushwana van Stats SA sê die eerste nege maande van die jaar…
30 Oct 2025 1AM 1 min

Melissa dood meer as 20, sover

Die dodetal styg steeds waar Orkaan Melissa 'n pad van vernietiging in die Karibiese eilande gelaat het. Orkaan Melissa, nou 'n Kategorie 1 storm, spoed deur die Bahamas met gepaardgaande swaar reën en verwoestende winde. Die owerheid in Jamaika het vier lyke gevind en ten minste 23 mense, tien van…
30 Oct 2025 1AM 1 min

Hoogste hof hoor vandag Baster appèl aan

Die Rehoboth Baster-gemeenskap is vandag in die Hooggeregshof vir hul appèl oor die betwiste Baster-kapteinskapverkiesing. Dit volg op 'n uitspraak deur regter Orben Sibeya, wat Rynault van Wyk se aansoek van die hand gewys het met die argument dat dit op 'n herroepe voorvaderlike wet staatmaak. Maar die gemeenskap sê…
30 Oct 2025 1AM 1 min

Kenner sê oor beesvleis produksiegaping

China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis kan die vraag tot 20 000 ton per maand laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het landboukenner Wallie Roux gesê Namibië, die droogste Afrika-land suid van die Sahara, staar…
30 Oct 2025 12AM 1 min

Telecom werk aan iWay-uitdagings

Na verskeie klagtes van kliënte het Telecom Namibia bevestig dat sommige iWay-e-posdienste onderbroke toegang en stadige werkverrigting ondervind. Uitvoerende hoof dr. Stanley Shanapinda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die probleem veroorsaak is deur onlangse kragverwante voorvalle. Hy sê daar is geen presiese tydsraamwerk vir wanneer die dienste ten…
30 Oct 2025 12AM 1 min

Sprinkane maak hulle terugkeer in Zambezi

’n Groot uitbreking van Afrika-treksprinkane is in die Zambezi-streek aangemeld, wat minstens agt vloedvlaktegebiede affekteer. Landbouminister Inge Zamwaani het die uitbreking in die Nasionale Vergadering aangekondig en gesê die vloedvlaktes van Muyako en Masokotwani is bekende broeiplekke vir die spesie. Die ministerie het spanne ontplooi om spuitoperasies in die geaffekteerde…
29 Oct 2025 11PM 1 min

Cyril se viering van gryslys verdwydering ignoreer werklikheid

Die UDM sê president Cyril Ramaphosa se viering van Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys ignoreer die werklikheid. Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, sê terwyl die president tegniese voldoening en beleggersvertroue prys, staar miljoene Suid-Afrikaners honger, werkloosheid en vrees in die gesig. Hy sê tegniese…
29 Oct 2025 11PM 1 min

Meer Chinese besighede kyk na Namibië, sê ambassadeur

Die Chinese ambassade het hulle jaarlikse media vergadering gehou saam met die Chinese ambasadeur, Zhao Weiping. Op die agenda was Namibië en China se bilaterale vennootskap, met China wat hoop om die bande te versterk. Weiping sê dat meer Chinese maatskappye belangstel om in Namibië te belê.
29 Oct 2025 11AM 1 min

Minstens 104 sterftes oornag in Gaza in Israelse aanvalle

Ten minste 104 mense waaronder 46 kinders is oornag dood in Israelse lugaanvalle in Gaza. Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu die weermag opdrag gegee het om onmiddellik verskerpte aanvalle uit te voer. Hy beskuldig Hamas van die dood van 'n soldaat en die kamma-ontdekking van 'n gyselaar se…
29 Oct 2025 11AM 1 min

Welwitschias slyp kragte teen Boland Kavaliers, voor Dubai

Die Namibiese rugbyspan sal Saterdag teen Suid-Afrika se Sanlam Boland Kavaliers in Malmesbury in die Wes-Kaap in ‘n finale wedstryd speel, voor die span na Dubai vertrek in sy laaste poging om vir die 2027 Wêreldbeker te kwalifiseer. Die toernooi in Dubai vind plaas van 8 tot 18 November by…
29 Oct 2025 10AM 1 min

Bekende dr. Ulf Tubbesing genomineer vir globale toekenning

Die bekende wildveearts, dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets Namibia, is genomineer vir die 2025 Worldwide Vets Golden Star-toekenning. Die jaarlikse toekenning erken individue vir hul bydraes tot dierewelsyn of -bewaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Tubbesing gesê die nominasie is 'n verrassing.
29 Oct 2025 10AM 1 min
2480 – 2500