Reën word vir die res van hierdie week, vanaf vandag, tot deur die naweek verwag. Neerslae is gekonsentreer in die sentrale, oostelike en noordelike dele van die land. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof meteoroloog by die Namibiese weerdiens, Odillo Kgobetsi, gepraat:
Die DA sê hy is ongelukkig dat daar 'n doelbewuste verdraaiing was in beriggewing dat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, voormalige Model C-skole teiken. Dit gaan oor taalbeleide in skole. Jan de Villiers van die DA sê hulle ondersteun Gwarube se bevordering van moedertaal-gebaseerde tweetalige onderwys. Hy voeg…
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ʼn beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om te verduidelik hoe hy die beginsels van lewenslange leer balanseer met die maatskaplik-ekonomiese noodsaaklikheid om die jeug te ondersteun. Die skema word gekritiseer omdat hy ʼn beurs aan ʼn 70-jarige student toegestaan het. Altesaam 612…
Die legendariese All Black-losskakel Dan Carter is opgewonde oor die moontlikheid dat Nieu-Seeland en Suid-Afrika mekaar kan raakloop in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbekertoernooi. Die Springbokke, die tweemalige verdedigende kampioen, speel in Groep B teen Italië, Georgië en Roemenië. Die All Blacks is in Groep A saam met die…
Equal Namibia is besig om 'n nuwe hoofstuk te begin by die organisasie. Hulle hou vandag 'n byeenkoms met Namibië se LGBT-gemeenskap. Die span het die Pan Africa International Lesbian, Gay, Bisexual, Trans and Intersex Association se Johannesburg-konferensie bygewoon om hulle veldtog plaaslik te verskerp. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Build One South Africa sê dis ontstellend dat oor die afgelope dekade meer as 21-miljoen strafsake in die land geopen is en 61,7-persent hiervan onopgelos gesluit is. Volgens amptelike inligting van die ministerie van Polisie, beteken dit 13,2-miljoen sake is gesluit sonder om opgelos te word. Die woordvoerder van BOSA,…
Dit is Internasionale Jagluiperd-dag vandag, wat deur dr. Laurie Marker wat die Cheetah Conservation Fund in Namibië bestuur, geskep is. Die vieringe sal in Otjiwarongo plaasvind waar die fonds se navorsingsentrum is. Marker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Saterdag se herdenking.
Inflasie vir November het ingekom op 3,4 persent, effe laer as die 3,6 wat in Oktober gemeet is en ook hoër as verlede jaar November se 3 persent. Die noorde, sone 1 het die laagste inflasie aangeteken. Die Namibiese Statistieke-agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo het meer.
'n Kabinetswegbreeksessie vind tans in die hoofstad plaas. Dit is 'n geleentheid vir die regering om te besin oor verskeie kwessies in die land. Gedurende die sessie het die eerste minister, Dr. Elijah Ngurare die kwessie van grond, sy beskikbaarheid en die koste daarvan bespreek.
Namate Namibië se olie- en gasbedryf nader daaraan kom om 'n werklikheid te word, waarsku kenners dat die land se digitale verdediging tred moet hou. Peter Karon, infrastruktuurtoesighouer by die plaaslike IKT-firma Green Enterprise Solutions, sê die aflandige ontdekkings ontbloot ook 'n kritieke kwesbaarheid in kuberveiligheid. Van seismiese data en…
Suid-Afrika het ten gunste van die konsepvoorstel van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gestem om te eis dat Rusland dadelik die veilige en onvoorwaardelike terugkeer van alle Oekraïnse kinders wat gedwing is om te verskuif of gedeporteer is, verseker. Een-en-negentig lande het ten gunste van die mosie gestem,…
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê hoewel Namibië prysenswaardige vordering gemaak het met MIV-behandeling en -voorkoming, het dalende eksterne befondsing die land se afhanklikheid van die nasionale begroting verhoog. Sy het Namibië se verslag oor die resolusies van die SAOG Parlementêre Forum se voltallige vergadering aangebied en…
Die voormalige kaptein van die Protea-vrouespan, Dané van Niekerk, kan na twee-en-'n-half jaar haar terugkeer na internasionale aksie maak in môre se eerste T20 teen Ierland in Kaapstad. Sy het haar uittrede aangekondig ná 2023 se Wêreldbekertoernooi in die formaat nadat sy weens fiksheidsprobleme uitgelaat is, maar het dit onlangs…
Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê die VSA se besluit om Suid-Afrika nie na die eerste vergadering van die G20-sjerpas te nooi nie, is 'n oortreding van protokol. Die VSA het Maandag amptelik die G20-presidentskap van Suid-Afrika oorgeneem. Dangor het aan die Parlement…
Die Europese Unie wil alle invoere van Russiese olie teen die einde van 2027 uitfaseer. Sedert Moskou se volskaalse inval in Oekraïne in Februarie 2022, het Europa sy afhanklikheid van die wêreld se derde grootste olieprodusent drasties verminder. Amerika het ook sanksies ingestel teen Rusland se twee grootste olieprodusente, Lukoil…
Die LPM het sy gewig agter die stakende landdroste gegooi en die uitvoerende gesag daarvan beskuldig dat hulle hul plig om die land se instellings te laat funksioneer, versuim het. Die staking het gelei tot die onbepaalde vertraging van die beëdiging van nuutverkose plaaslike en streekleierskap. Met onderhandelinge wat nie…
'n Nuwe studie toon dat Afrika Suid van die Sahara byna 'n kwart van sy biodiversiteit verloor het, met groot soogdiere wat die ergste geraak word. 'n Navorser aan die Universiteit Stellenbosch, Hayley Clements, sê beskermde gebiede bly noodsaaklik, maar meer as 80-persent van wildspesies leef in landbougebiede. Sy sê…
Die landbou-organisasie, TLU SA, het ʼn ope brief aan president Cyril Ramaphosa geskryf en kommer uitgespreek oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Die brief beklemtoon onder meer die hoë misdaadvlakke, insluitend plaasmoorde, korrupsie en werkloosheid. Bennie van Zyl van TLU SA sê Ramaphosa moet plaasaanvalle ʼn prioriteitsmisdaad verklaar…
Somaliërs het met verontwaardiging reageer op Donald Trump se neerhalende opmerkings oor die land en sy mense. Trump het tydens 'n kabinetsvergadering Somaliërs as "vullis" beskryf en gesê "ons wil hulle nie in ons land hê nie". Hy het aanvalle op Somaliërs in die VSA verskerp nadat twee soldate van…
Namibië se toerismesektor herstel met goeie statistieke. Die jongste statistieke van die toerismeministerie toon dat Namibië in 2024 meer as 1,25 miljoen besoekers verwelkom het, 'n massiewe styging van 45 persent vanaf die vorige jaar, wat die bedryf tot byna 80 persent van sy sterkte voor Covid-19 te staan bring…
4 Dec 12AM
1 min
40 – 60
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.