Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
480 – 500

Regering, privaatsektor moet hande vat met nuwe gesondheidsplan

Kommer neem toe oor die regering se pogings om staatsamptenare van private gesondheidsorg na staatshospitale te probeer stuur. Owerhede voer aan dat dit stygende mediese fondskoste kan verminder en openbare gesondheidsinfrastruktuur kan versterk, maar private gesondheidsorgverskaffers waarsku dat die stelsel dalk nog nie gereed is vir die hoër druk nie…
27 May 2AM 1 min

Bek-en-klouseer 'n prioriteit vir NLU

Die Namibië Landbou-unie se president, Thinus Pretorius, het verlede week 'n boodskap van bemoediging gegee vir boere wat hard werk om die bek-en-klouseer uitbreking in die buurlande op 'n afstand te hou. Die unie se uitvoerende hoof, Roelie Venter, het meer oor die praktiese stappe waarmee hulle besig is om…
27 May 1AM 1 min

Brandstof: Nóg prysstygings vir Junie verwag

Die energieministerie sal waarskynlik volgende week die brandstofpryse vir Junie aankondig. Die ministerie het reeds brandstofheffings met 50 persent verlaag tot einde Junie, maar het in Mei groot onderverhalings aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat verdere verhogings voorsien.
27 May 12AM 1 min

Namibië se damme sowat 81% vol

Namibië se damvlakke bly gesond en die land se damme is tans meer as 81 persent vol, maar dit effe laer as dieselfde tyd verlede jaar toe die nasionale vlak op 88 persent gestaan het. Damme in die Suide vertoon die beste, met ‘n totale stand van 89,2 persent, vergeleke…
27 May 12AM 1 min

Twee Onandjaba-ontsnaptes weer agter tralies

Twee van die ses verhoorafwagtende gevangenes wat Sondag uit polisieselle by Onandjaba in die Omusati-streek ontsnap het, is weer in hegtenis geneem. Die gevangenes het beamptes aangeval tydens die verspreiding van voedsel en medisyne, selsleutels gegryp en twee beamptes geboei voordat hulle in selle toegesluit is. Die verdagtes het later…
26 May 11PM 1 min

Rompslomp kniehalter kerke, sê SA forum

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê daar is 'n ernstige ineenstorting van dienste deur organisasies sonder winsbejag by die departement van maatskaplike ontwikkeling, wat meer as 500 kerke raak. Volgens die Forum maak administratiewe mislukkings dit moeilik vir geloofsgroepe om te funksioneer en aan die wet te voldoen. Die forum…
26 May 11PM 1 min

Woestyn-sprinkaan uitbreking in Erongo, Hardap

Die landbouministerie het 'n dringende waarskuwing uitgereik oor 'n woestyn-sprinkaan uitbreking by Homeb in die Walvisbaai landelike kiesafdeling in die Erongo-streek, asook in die Daweb-kiesafdeling in die Hardap-streek. Die sprinkane is in die vliegstadium en boere word versoek om aktiewe toesig in die gebiede te hou. Enige swerms moet onmiddellik…
26 May 11AM 1 min

Motshekga besweer vrese oor moontlike onluste op 30 Junie

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê Suid-Afrikaners het ʼn grondwetlike reg om teen onwettige immigrasie te staak, maar waarsku betogings moet vreedsaam bly en die waardigheid en regte van buitelanders respekteer. Die teen-immigrasiegroep, die March and March-beweging beplan ʼn nasionale afsluiting vir 30 Junie, wat ook…
26 May 11AM 1 min

Meta-boetes beteken beter beskerming van kinders

Twee juries in Amerika het Meta, wat Instagram, Facebook en WhatsApp besit, in afsonderlike sake beveel om meer as 380 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding te betaal. Dit is weens hul produkte wat versuim het om die seksuele uitbuiting van kinders te keer, en die versuim om te waarsku oor…
26 May 10AM 1 min

Vrae hang oor geskorste Transnamib bestuurders wat weer werk

Twee geskorste bestuurders by TransNamib, Webster Gonzo en Alynsia Platt, is terug by die werk na 'n opdrag aan TransNamib se raad deur vervoerminister Veikko Nekundi. Nekundi was ontevrede omdat die maatskappy die salarisse van geskorste bestuurders betaal wat nie werk nie. Gonzo, die uitvoerende beampte vir menslike kapitaal, en…
26 May 10AM 1 min

Kyk mooi na China se nultarief landbou-invoere, sê kenner

China se onlangse besluit om Namibië en meeste ander Afrikalande nultarieftoegang tot sy markte te gee, het kenners genoop om te waarsku dat die aanbod meer strategies as transformerend kan wees. Terwyl dit na verwagting uitvoere van Namibiese druiwe, dadels en bloubessies sal verhoog, sê landbou-ontleder Wallie Roux aan Kosmos…
26 May 10AM 1 min

Buitelanders in gesondheid vul vaardigheidsgebreke aan

Die gesondheidministerie het onthul dat daar tans 332 buitelanders in die sektor in diens is, insluitend 66 verpleegsters, en verwys na 'n tekort aan skaars vaardighede en baie Namibiese professionele persone wat nie in landelike en afgeleë gebiede wil werk nie. Tydens 'n belanghebber-gesprek wat deur die parlementêre Staande Komitee…
26 May 9AM 1 min

Protea-vroue 'vasberade om T20-Wêreldbeker te wen'

Krieket: Die kaptein van die Protea-vrouespan, Laura Wolvaardt, sê hulle is vasberade om die T20-Wêreldbeker te wen, wat volgende maand in Engeland afskop. Suid-Afrika het in drie agtereenvolgende jare drie eindstryde gehaal, waarvan twee op die onlangse T20-Wêreldbekertoernooie was. Die Proteas skop hul veldtog op 13 Junie teen Australië af,…
26 May 9AM 1 min

Soldariteit steun laer kragtariewe vir ferrochroombedryf

Solidariteit steun Glencore-Merafe en Samancor se aansoeke vir 'n spesiale elektrisiteitstarief van 62-sent per kilowatt-uur. Pieter Jordaan van Solidariteit waarsku duisende werksgeleenthede verkeer in gevaar indien verligting nie toegestaan word nie, met elektrisiteit wat tot 60-persent van die smeltproduksiekoste verteenwoordig. Hy sê vier-duisend regstreekse werksgeleenthede en meer as 35 000…
26 May 8AM 1 min

Aussies bekommerd oor terreur-wending in land

Australië se hoofspioenasie-agentskap waarsku dat die terreurbedreiging in die land 'n kommerwekkende wending geneem het. Dit volg op die aanval op Bondi-strand tydens 'n Joodse Hanukkah-viering in Desember verlede jaar waarin 15 mense dood is. Die direkteur-generaal van die Australiese Veiligheidsintelligensie-organisasie, Mike Burgess, sê jare se toename in anti-Semitisme het…
26 May 8AM 1 min

MTC ondersteun 9de Nasionale IKT-beraad

Voorbereidings vir die 9de Nasionale IKT-beraad vanaf 12 tot 16 Oktober vanjaar het reeds begin, met MTC wat 110 000 Namibiese dollar vir die geleentheid beskikbaar gestel het. Die beraad is daarop gemik om opkomende tegnologieë te benut om sosio-ekonomiese uitdagings op te los, die arbeidsmag op te lei, 4G/5G-infrastruktuur…
26 May 7AM 1 min

SA boere kan nou self BKS entstowwe toedien

Vrystaat Landbou sê die jongste bevel van die Hooggeregshof in Pretoria is ʼn bepalende keerpunt in die voortgesette stryd om Suid-Afrika se vee-bedryf teen bek-en-klouseer te beskerm. Die hof het bevind boere mag sonder die staat se toestemming entstof aankoop en toedien. Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, sê die…
26 May 7AM 1 min

Volksmoord-afstammelinge verwerp steeds 28 Mei as amptelike herdenking

Afstammelinge van slagoffers van die Ovaherero- en Nama-volksmoorde, insluitend tradisionele owerhede en verteenwoordigende stigtings, verwerp steeds 28 Mei as die amptelike Volksmoordherdenkingsdag. Die regering het die datum in die Staatskoerant gepubliseer om die sluiting van Duits-beheerde konsentrasiekampe in 1908 te vier. Die adjunkvoorsitter van die Nama Tradisionele Owerheid se tegniese…
26 May 7AM 1 min

Volhoubare finansiering kort plaaslik gegronde benadering

Bank Windhoek doen 'n beroep op 'n meer plaaslik gegronde benadering tot volhoubare finansiering in Namibië. Omgewings- en sosiale bestuurskenner by die Bank, Joachim Komeheke, sê hoewel omgewingsdoelwitte belangrik bly, moet beleggings ook ongelykheid aanpak, lewensonderhoud verbeter en veerkragtigheid versterk. Hy waarsku dat globale definisies van volhoubaarheid dikwels die realiteite…
26 May 6AM 1 min
480 – 500