Internasionaal en Chinese president Xi Jinping het tydens sy ontmoeting met Amerikaanse president Donald Trump gesê China ondersteun dat die VSA en Iran terugkeer na die Junie-memorandum van verstandhouding, om die oorlog te beëindig en die Straat van Hormuz te heropen. Hy het ook gesê Beijing hoop die Verenigde State…
Oor na Suid-Afrika, en BetterBond sê die rentekoersverhoging van 25 basispunte sal maandelikse verbandpaaiemente verhoog en meer druk op huiseienaars plaas. Die prima-uitleenkoers het nou tot 10,75-persent gestyg. Die uitvoerende hoof, Stephan Potgieter, sê die veerkragtige rand en dalende inflasie kan help om ruimte te skep vir toekomstige rentekoersverlagings:
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering steun nie die Amerikaanse program vir die toelating van Suid-Afrikaanse vlugtelinge nie. President Donald Trump het die hervestigingsinisiatief in Februarie 2025 ingestel en beweer dat Afrikaners deur staatsgesteunde rassediskriminasie, geweld en die onteiening van hul grond bedreig word…
Waarnemende landbouminister Charles Mubita vra vir kalmte en paraatheid om te help om die verspreiding van bek-en-kouseer te voorkom. Hy sê die ministerie werk saam met veeartsenydienste en boere om so gou moontlik die bron van die uitbreking te identifiseer en ook naspeuringswerk te doen. Mubita sê die verbod op…
Die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie het die Nasionale Kunsmatige Intelligensie-instituut amptelik van stapel gestuur om plaaslike KI-navorsing, data-bestuur en tegnologiese innovasie te bevorder. Die kommissie se uitvoerende hoof, Anicia Peters, verduidelik die behoefte aan gelokaliseerde KI:
Arbeidsdeskundige Tim Parkhouse doen 'n beroep op maatskappye om op te hou om internskappe as goedkoop arbeid te sien en beklemtoon dat vergoeding moet ooreenstem met die waarde van die pos wat gevul word. Parkhouse sê dat effektiewe internskappe staatmaak op soliede mentorskap en dring daarop aan dat besighede jong…
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het dringende hervormings aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en globale finansiële liggame versoek en gewaarsku dat die aftakeling van vertroue die internasionale stelsel verlam. Sy het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gevra vir permanente verteenwoordiging vir Afrika op die Veiligheidsraad, en…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus erken hy het kanse gewaag met sy spankeuse vir Sondag se eenmalige toets teen Australië in Perth. Hy het 13 veranderinge aan sy beginspan gemaak, met slegs die slot Eben Etzebeth en die vleuel Ethan Hooker wat oorbly van die span wat die All Blacks in…
Dit is maklik om mense te mislei, sê die voormalige Nasa-wetenskaplike Will Marshall. In ‘n gesprek met Sky News beaam Marshall dat kunsmatige intelligensie ’n groter impak kan hê as kernwapens en dat die tydperk waar die mens in beheer is, dalk besig is om tot ‘n einde te kom.
Namibië se ekonomie het 4,8 persent groei in reële BBP in die tweede kwartaal van 2026 aangeteken. Dit is gedryf deur 'n sterk herstel van 17,8 persent in landbou en soliede kleinhandelwinste. Die Namibiese Statistieke-agentskap berig dat konstruksie en mynbou egter met onderskeidelik 15,5 persent en 3,1 persent gedaal het…
Regters by die Internasionale Strafhof het die rebellebevelvoerder Mahamat Said Abdel Kani skuldig bevind aan misdade teen die mensdom vir die mishandeling en marteling van gevangenes by 'n aanhoudingfasiliteit in die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Voorsittende regter Miatta Maria Samba.
IPC-leier Panduleni Itula sê Namibië se 2030-teiken vir eerste olie is onrealisties en voorspel dat produksie nie voor 2035 sal plaasvind nie. Itula waarsku dat internasionale oliemaatskappye nie groot bedrae geld sal belê sonder duidelike belasting-, tantième- en regulatoriese raamwerke nie. Hy sê dat groot operateurs vier jaar na die…
Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die Verkiesingsgedragskode is noodsaaklik vir vrye en regverdige verkiesings. Hy het tydens die ondertekening-seremonie voor die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November gesê dit bied aan 136 790 kandidate gelyke geleenthede om veldtogte te voer sonder intimidasie, geweld of onbillike verwringing…
Die voorsitter van die Kharas-streekraad, Gerrit Witbooi, doen 'n beroep op groter balans nadat slegs een jeugdige uit die suidelike streek befondsing van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds van 317 miljoen Namibië-dollar verkry het. Witbooi het onlangs tydens 'n werkswinkel in Keetmanshoop finansiële instellings aangespoor om jong entrepreneurs duideliker terugvoer en praktiese…
Namibiërs moet hulle gereed maak vir hoër rentekoerse en brandstofkoste, met die Bank van Namibië wat na verwagting Suid-Afrika se onlangse rentekoersverhoging van 25 basispunte sal volg. Ekonoom, Robin Sherbourne waarsku hoewel prysverhogings op voedsel en kunsmis nog nie ten volle ingeslaan het nie, voortdurende spanning in die Midde-Ooste plaaslike…
24 Sep 6AM
1 min
640 – 660
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.