Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
760 – 780

Begroting moet fokus op infrastruktuur, werkgeleenthede en voedselprogram - GOOD

Die GOOD-party sê terwyl Suid-Afrika se ekonomie beskeie tekens van herstel toon, bly armoede en honger steeds 'n ernstige bron van kommer. Die party waarsku voor vandag se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, stadige ekonomiese groei en beperkte maatskaplike verligting laat sukkel baie Suid-Afrikaners om voedsel en…
12 Nov 1AM 1 min

Bok-hulpafrigter sê Italianers is gevaarlik

Die Springbok-hulpafrigter Tony Brown sê hulle neem Italië nie ligtelik op nie, omdat hulle 'n gevaarlike span is. Albei spanne is vol selfvertroue vir Saterdag se botsing in Turyn, met Suid-Afrika wat Frankryk met 32-17 geklop het, terwyl Italië 'n oorwinning van 26-19 oor Australië behaal het. Brown sê die…
12 Nov 12AM 1 min

Suid-Soedan op die punt an konflik

Die Verenigde Nasies waarsku Suid-Soedan toon alle tekens dat volskaalse geweld weer binnekort kan uitbreek. Die Hersiene Vredesooreenkoms is in 2018 onderteken, wat die vyf jaar lange burgeroorlog beëindig het. Toenemende skendings van die skietstilstand die afgelope jaar laat die land egter op die punt van hernude konflik. Die VN…
12 Nov 12AM 1 min

Fiori... die Ugab se klein wonderwerk

Fiori, die eerste oorlewende olifant kalf in haar trop woestyn-aangepaste olifante sedert 2014, word in Januarie drie. Gebore met die eerste reën van 2022 na jare van droogte, staan sy bekend as die "klein wonderwerk van die Ugabrivier". Kosmos 94.1 Nuus het met John Tabasco van die Brandberg White Lady…
12 Nov 12AM 1 min

Aartappelproduksie: Bewusmakingsessies begin

Die Namibiese Akkerbouraad nooi boere uit om aansoek te doen vir die Aartappelwaardeketting-ontwikkelingskema 2025 tot 2030, ’n strategiese inisiatief om plaaslike kommersiële aartappelproduksie ’n hupstoot te gee. Die skema het ten doel om kommersiële aartappelproduksie oor die volgende vyf jaar te stimuleer, en die raad sal bewusmakingsessies hou wat vandag…
11 Nov 11PM 1 min

Reuse-informele sektor: Beleid dringend nodig

Die informele sektor dra 12 persent aan die ekonomie by, meer as mynwese en met amper 60 persent van Namibië se werksmag wat 'n bestaan in die sektor maak, groei kommer oor die gebrek aan beskerming en duidelike beleid vir daardie werkers. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Informele Sektororganisasie, Stefanus…
11 Nov 11PM 1 min

Batoyi bevestig intelligensie oor NVG-infiltrasie

Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, het bevestig dat sy vertroulike intelligensie ontvang het oor pogings om die Nasionale Vervolgingsgesag te infiltreer. Batohi het voor die parlementêre ad hoc-komitee getuig dat sy die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, en president Cyril Ramaphosa ingelig het nadat sy deur 'n…
11 Nov 10PM 1 min

Angola ken ereklasmedalje aan Nujoma toe

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê sy is tot nederigheid gestem oor Angola se besluit om 'n herdenkingsmedalje in die ereklas op die 50ste herdenking van die buurland se onafhanklikheid, postuum aan stigterspresident Sam Nujoma toe te ken. Die president het Dinsdag laatmiddag teruggekeer van Angola, waar sy die onafhanklikheidvieringe bygewoon het…
11 Nov 10PM 1 min

Windhoek afvalbestuurswerkers se staking nog nie verby

Die afvalbestuurswerkers van die Stad Windhoek sê hul staking is nog nie verby nie, selfs nadat die munisipaliteit hul uurlikse loon van 14 tot 18 Namibiese dollar verhoog het, terugwerkend tot Januarie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het een van die werkers, Frans Paulus, bevestig dat werkers van…
11 Nov 10AM 1 min

Metropolisie omseil sekerheidsklarings, hoor kommissie

Die afgetrede adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Revo Spies, het onthul dat baie beamptes nooit behoorlik gekeur is nie. Spies het voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig die Parlement se portefeuljekomitee oor Wetstoepassing het in 2020 en 2021 kommer uitgespreek oor ontbrekende misdaadklarings. Hy sê ondanks 'n nasionale forumooreenkoms oor klaring…
11 Nov 10AM 1 min

Unam maak reg vir gratis tersiêre onderwys

Unam berei voor vir die implementering van gratis tersiêre onderwys in 2026. Alhoewel die amptelike raamwerk nog nie gefinaliseer is nie, sê die instelling dat interne gereedheid 'n prioriteit bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Unam se woordvoerder, Simon Namesho, wat meer inligting gee.
11 Nov 9AM 1 min

Nommerplate-beheer, taxi-registrasies moet verbeter, hoor NV

Die PDM-parlementslid Winnie Moongo het strenger beheer oor taxi-registrasie aangevra te midde van toenemende rooftogte en aanvalle in Namibië wat voertuie met vals of gekloonde nommerplate betrek. Moongo het vanmiddag in die Nasionale Vergadering 'n beroep gedoen op strenger toesig om die onwettige duplisering en verkoop van nommerplate en taxi-identifikasie…
11 Nov 9AM 1 min

Boere moet jaarlikse bonusse betaal as dit voorheen gedoen is

Ons nader vinnig die einde van die jaar, wanneer baie werkers hul jaarlikse verlof neem en ook hul bonusse ontvang. Werknemers is geregtig op ten minste vier weke betaalde vakansieverlof vir elke 12 maande diens, volgens die Arbeidswet. Die betaling van jaarlikse bonusse is ’n algemene praktyk in die meeste…
11 Nov 9AM 1 min

Uitgelewerde Nzimande-broers uiters gevaarlik: polisie

Die polisie sê die moordverdagte broers Siyabonga en Malusi Nzimande, wat vanoggend uit Eswatini uitgelewer is, hou 'n groot gevaar vir die samelewing in. Woordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie het sterk bewyse wat hulle met drie moordsake verbind, insluitend dié op die kletsrymer Kiernan 'AKA' Forbes en Tebello 'Tibz'…
11 Nov 8AM 1 min

Bafana 'moet mik na hoër FIFA-rangorde teen Zambië'

Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy hoop op ʼn oortuigende oorwinning teen Zambië omdat hy hul plek op die FIFA-ranglys wil verbeter. Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd in die Baai is deel van Suid-Afrika se voorbereiding vir die Afrikanasiesbeker wat volgende maand in Marokko begin. Bafana Bafana…
11 Nov 7AM 1 min

Mylpaal dr. Hage Geingob-snelweg kan ontwikkeling aanhelp

Die dr. Hage Geingob-snelweg, ‘n 21,3 kilometer lange vierbaan-snelweg tussen Windhoek en die Hosea Kutako Internasionale Lughawe-pad, is amptelik geopen. Die projek se derde fase, gebou deur China se Zhong Mei Engineering Group met 'n toelaag van byna 1 miljard Namibiese dollar, merk die laaste stap in 'n program wat…
11 Nov 7AM 1 min

NVG moet optree teen Prasa-hoofde: DA

Die DA vra die Nasionale Vervolgingsgesag om streng op te tree teen ses gewese uitvoerende hoofde van die Passasierspooragentskap wat betrek word by onregmatige kontrakte van 2,8-miljard Suid-Afrikaanse rand wat tussen 2010 en 2019 aangegaan is. Volgens ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid het hierdie persone kontrakte gesluit sonder om…
11 Nov 7AM 1 min

Voorbereidings vorder vir stemdag

Die Verkiesingskommissie het reeds stembriewe vir die komende verkiesings op 26 November begin versprei, en is tans besig met opleiding vir kiesbeamptes oor al die aspekte van stemdag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka.
11 Nov 5AM 1 min
760 – 780