Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
80 – 100

NNN sê oor CAF-stadions vir NDP6

En in plaaslike sportnuus het president Netumbo Nandi-Ndaitwah sport as een van die pilare van die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan daargestel. Daar is verskeie projekte in die regering se visier, sowel as die bou van sogenaamde CAF-stadions en die opknapping van die Onafhanklikheidstadion na CAF-standaarde.
22 Jul 9AM 1 min

Vergadering oor voorsiening van biomassa vir Otjikoto

NamPower en sy implementeringsvennote nooi belanghebbendes na betrokkenheid-sessies oor die voorgestelde Opkomende Brandstofvoorsieningstrategie vir die 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie wat by Tsumeb ontwikkel word. Die projek sal indringerbos vir brandstof gebruik. Die kragstasie sal sowat 70 000 ton biomassa van kleinskaalse voorsieners per jaar benodig en sowat 160 000 ton van…
22 Jul 9AM 1 min

Karas-goewerneur gesels oor (groter) Neckartal-projek

Tydens sy streeksrede het Karas-goewerneur, Dawid Gertze, melding gemaak van die ontwikkeling van die nou langverwagte Neckartaldam-groenskema. Hy sê vordering word gemaak. Daar sal 12 000 hektaar ontwikkel word met tot 11 000 werkgesleenthede wat geskep sal word. Terwyl die omskepping van die gebied uiters duur en uitdagend sal wees…
22 Jul 9AM 1 min

Enercon-sage kan baie skadelik vir Namcor wees

Die kenner in Afrika-aangeleenthede, professor Nixon Kariithi sê daar moet uiters versigtig omgegaan word met ooreenkomste waar buitelandse maatskappye in besigheid met plaaslike entiteite moet tree vir hulpbron ontginning. Dit kom na die Namcor-Enercon skandaal. Namcor moet volgens wet, ten minste 10 persent aandeelhouding in elke eksplorasie lisensie ontvang en…
22 Jul 9AM 1 min

Namcor distansieer homself van roof by vulstasie

Namcor het homself gedistansieer van die roof by die Namcor-vulstasie in Otjomuise Maandagoggend. Die gewapende rowers het weggekom met twee twee kaste kontant en niemand is beseer nie. Namcor se woordvoerder, Utaara Hoveka.
22 Jul 8AM 1 min

Nersa verleng benoemingstydperk vir elektrisiteitsmark-forum

Die Nasionale Energiereguleerder het die benoemingstydperk vir die elektrisiteitsmark-raadgewende forum tot die 31ste van hierdie maand uitgestel. Woordvoerder Poppie Mahlangu sê die reguleerder het in April die vestiging van 'n afdeling vyf-forum ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering goedgekeur. Mahlangu sê die forum sal die reguleerder raadgee oor verskeie aangeleenthede wat…
22 Jul 8AM 1 min

Gaza-oorlog moet stop. Punt.

Die Britse minister van buitelandse sake David Lammy het met die media gepraat na die verklaring deur Brittanje en 24 ander lande oor die toestande in Gaza. Hy sê daar is tans geen handelooreenkoms met Israel nie en, sanksies is reeds ingestel. Die oorlog moet beëindig word.
22 Jul 8AM 1 min

Plant-smokkelary het al spesies uitgewis in SA

Die DA sê ten spyte van inhegtenisnemings gaan die ongebreidelde stroping van boslelie- en vetplantspesies voort. Verlede week is vier buitelanders tot 15-jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle 303 plante van die ernstig bedreigde Clivia mirabilis in die Namakwa-streek gesteel het. Andrew de Blocq van die DA sê talle bedreigde…
22 Jul 8AM 1 min

Namcor: Namandje sê staat weerhou aspris bewyse

Die Namcor-Enercon borgaansoek duur voort. Verdedigingsadvokaat Sisa Namandje het die staat daarvan beskuldig dat hulle doelbewus bewyse in die saak weerhou het. Dit kom nadat staatsaanklaer Menencia Hinda onthul het dat beskuldigde Malakia Elindi na bewering vals bankbesonderhede aan die ministerie van verdediging verskaf het, wat daartoe gelei het dat…
22 Jul 6AM 1 min

Manamela beste keuse vir Nkabane vervanging

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom Buti Manamela se aanstelling as nuwe minister van Hoër Onderwys en Opleiding. Dit volg op die afdanking van Nobuhle Nkabane oor omstredenheid in verband met die aanstelling van raadsvoorsitters van Sektor-onderwys- en opleidings-owerhede. Makaneta sê Manamela is ʼn bekende in die hoër-onderwysomgewing wat ook adjunkminister…
22 Jul 6AM 1 min

Regstappe teen apteke oor prysvasstelling - NaCC

Die Namibiese Mededingingskommissie beplan regstappe teen meer as 200 apteke wat glo medisynepryse onderling vasgestel en kliënte te veel laat betaal het. Volgens die kommissie is die apteke lede van die Farmaseutiese Vereniging van Namibië, wat 'n verpligte reël het dat medisynepryse met 50 persent opgemerk moet word. Daar is…
22 Jul 6AM 1 min

Die regering moet meer realisties wees - ekonoom

Reaksie word ontvang op die Namibiese Beleggings- en Ontwikkelingsraad se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, wat beraam dat meer as 200 miljard Namibiese dollar benodig word om 800 000 werksgeleenthede teen 2030, volgens Swapo se manifes te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Omu Kakujaha-Matundu, van Unam se departement…
22 Jul 6AM 1 min

BoN sê nee vir IMF oor eiendomsdeposito's

Die Bank van Namibië sê hy gaan nie op hierdie stadium wegdoen met die regulasie dat eerste-keer huiseienaars nie 'n deposito betaal wanneer hulle huislenings aangaan nie. Dit kom na die Internasionale Monetêre Fonds aanbeveel het dat die sentrale bank die praktyk staak, want dit sal banke teen toekomstige nie-presterende…
22 Jul 6AM 1 min

Reaksie op koalisie van 25 wat Israel veroordeel

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Verenigde Koninkryk en 24 ander lande het 'n beroep gedoen op die onmiddellike einde aan die oorlog in Gaza, waar hulle sê dat die lyding van burgerlikes nuwe dieptes bereik het. 'n Gesamentlike verklaring veroordeel wat dit noem die drupvoeding van hulp…
22 Jul 5AM 1 min

Knysna-olifant 'n bron van Tuinroete-trots

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê die Knysna-olifant, wat op 'n plaas in die Knysna-woud opgemerk is, het opwinding en trots regoor die Tuinroete en elders veroorsaak. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê hulle hou haar al lank met versteekte kameras dop, wat haar teenwoordigheid elke paar weke vasvang sonder om haar…
22 Jul 5AM 1 min

Vakbondleier meer opgewonde oor olie self, as produksie

Reaksie word ontvang op berigte dat Shell hom daartoe verbind het om van eksplorasie na olieproduksie in Namibië oor te skakel. Die regering het reeds ‘n geruime tyd gesprekke met buurlande gevoer oor ‘n moontlike raffinadery. Die tipe produksie sal stroomaf werksgeleenthede bied en Kosmos 94.1 Nuus het met die…
22 Jul 4AM 1 min

Honde-eenheid moet prioriteit geniet met dwelms en bende

Die DA kritiseer die SAPD dat hy sy honde-eenheid eenkant toe geskuif het terwyl bende- en dwelmgeweld op die Kaapse Vlakte vererger. Nicholas Gotsell van die DA het onthul daar is slegs een aktiewe dwelmsnuffelhond in Kaapstad, met ses medies-gekeurde honde wat op opleiding wag, maar met geen opleidingskursusse wat…
22 Jul 3AM 1 min

NNN sê dit gaan beter in die staatsdiens

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het na die NDP6 van stapel gestuur is, ook 'n oorsig van haar administrasie sedert dit ingewy is gegee. Sy sê daar's 'n nuwe kultuur in die staatsdiens en ministers sal hierdie maand hul prestasieooreenkomste onderteken.
22 Jul 3AM 1 min
80 – 100