Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
800 – 820

Groot kommer oor die Okavangorivier en Rundu se riool

Inwoners en die omgewing langs die Okavango-vloedvlakte kan in gevaar wees, aangesien riool van Rundu se afvalwaterdamme na bewering deur die dorpsraad in die vloedvlakte naby die Rundu-Calai-grenspos vrygestel word. Die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham waarsku dat, hoewel rioolverdampingsdamme voëls kan lok en waardevolle habitatte kan skep, die nabyheid…
18 Sep 5AM 1 min

Registrasies sluit vandag vir NLU-jaarkongres

Registrasies vir die jaarkongres van die Namibiese Landbou-unie sluit vandag. Die NLU neem die gesprek regstreeks na boeregemeenskappe deur middel van belangrike streeksvergaderings in Otjiwarongo, Mariental en Windhoek. Roelie Venter, die unie se uitvoerende hoof, sê vanjaar se kongres sal alles van beleidsopdaterings tot die toekoms van plaaslike voedselproduksie dek.
18 Sep 5AM 1 min

IRR in buurland waarsku oor raswette

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê raswette veroorsaak nie net regstreekse skade nie, dit het ook ander negatiewe gevolge. Dit belemmer groei en belegging en weerhou mense van geleenthede weens hul ras of geslag. Amerika het onlangs nuwe visumbeperkings op Suid-Afrika ingestel wat verband hou met raswette en onteiening sonder vergoeding…
18 Sep 5AM 1 min

LPM bevraagteken of GRN sy behuisingsbeloftes kan nakom

Die LPM-parlementslid Eneas Emvula bevraagteken of die regering sy ambisieuse beloftes oor behuising en stedelike grond kan nakom, midde uiters stadige grondvoorsiening. Emvula sal die saak na verwagting aanstaande Donderdag in die Nasionale Vergadering aan eerste minister Elijah Ngurare voorlê en die regering uitdaag oor sy doelwit om jaarliks 10…
18 Sep 5AM 1 min

ANC-vroueliga vra gesamentlike optrede na moorde

Die ANC-vroueliga sê daar is 'n behoefte aan eenheid en gesamentlike optrede ná die toenemende aantal vroue wat in Ekurhuleni, Gauteng, vermoor is. Volgens die party blyk dit die moorde volg 'n kommerwekkende patroon en het vrese laat ontstaan dat 'n reeksmoordenaar daarvoor verantwoordelik kan wees. Die sekretaris-generaal van die…
18 Sep 4AM 1 min

Wavisbaai-lughawe se weerstelsels is herstel

Die ministerie van werke en vervoer sê meteorologiese dienste by die Walvisbaai Internasionale Lughawe is nou ten volle herstel ná 'n onderbreking wat op Vrydag, 11 September, begin het. Die onderbreking het die beskikbaarheid van huidige weerwaarnemings beïnvloed en daartoe gelei dat sommige geskeduleerde vlugte na die Hosea Kutako Internasionale…
18 Sep 4AM 1 min

Sonoppervlak beleef talle uitbarstings

Die oppervlak van die son was die afgelope tyd besig met reuse X- en M-klas-sonuitbarstings wat deur Nasa gemonitor is. Van die uitbarstings is vasgelê met strome gelaaide deeltjies na die Aarde gestuur is. Dit kan ook 'n redelike groot impak op die planeet hê soos professor Pieter Meintjies, astrofisikus…
18 Sep 3AM 1 min

AWB steun Rubio se visumbeperkings

Die Afrikaner Weerstandsbeweging, AWB, sê dit steun die aankondiging deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, van visumbeperkings vir Suid-Afrikaanse amptenare wat met grondonteiening en rassediskriminasie verbind word. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê AWB-president Steyn von Rönge dat hierdie stap lank reeds nodig was sodat…
18 Sep 3AM 1 min

Trump dreig tariewe te midde van Kanada-EU samewerking

Die Amerikaanse president Donald Trump dreig om handelstariewe op Europa te plaas, na nuus dat die EU hard daaraan werk om Kanada as sy eerste geassosieerde lid te verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat die Kanadese premier Mark Carney gesê het die ooreenkoms sal fokus op samewerking in…
18 Sep 2AM 1 min

M-pokke bevestig in Wes-Kaap, Gauteng en KZN

Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika het tussen 14 Augustus en 17 September een onbevestigde en 18 bevestigde M-pokke-gevalle gehad. Vyftien gevalle is in Kaapstad aangeteken, drie in Gauteng, en die onbevestigde een in KwaZulu-Natal. Die betrokke individue is tussen 23 en 50 jaar oud. Die departement se woordvoerder, Foster…
18 Sep 2AM 1 min

Koning Charles het kommer oor KI

Koning Charles het leiers in kunsmatige intelligensie gewaarsku teen die gevare indien die tegnologie in die verkeerde hande sou beland. Dit volg nadat twee Anthropic-navorsers gewaarsku het KI se vinnige vordering kan moontlik in die nabye toekoms tot die mensdom se uitwissing lei. Koning Charles sê kunsmatige intelligensie kan lewens…
18 Sep 1AM 1 min

IUM se RusNam-sentrum bevorder uitruilings, onderrig

Die stigter van die International University of Management en voorsitter van RusNam, David Namwandi, sê die universiteit brei sy vennootskap met Russiese instellings uit na gesamentlike wetenskaplike navorsing en akademiese uitruilings. Dit volg na drie jaar van suksesvolle Russiese taalonderrig deur die RusNam-sentrum. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus…
18 Sep 1AM 1 min

Renmotors brul die naweek op Henties

Na sowat 14 jaar sal Hentiesbaai Saterdag weer gasheer speel vir ’n tydren. Die laaste byeenkoms op Hentiesbaai is in 2012 deur die Walvisbaai-motorklub gehou, wat ook Saterdag die vierde rondte van die 2026 Namibiese nasionale tydrenkampioenskap sal aanbied. Die JAC Motors-tydren begin om tienuur by die Hentiesbaai gholfklub. Francois…
18 Sep 12AM 1 min

Groot opgewondenheid vir die Windhoek-skou

Die 2026 Windhoekse Landbou- en Vee-skou sal na verwagting dié jaar stampvol sterk deelname van vee sowel as geleenthede vir plaaslike handel en innovasie in die kollig plaas. Harald Schmidt, uitvoerende hoof van die Windhoekse Skougenootskap, sê bykans 500 beeste van 11 verskillende rasse is geregistreer, tesame met meer as…
18 Sep 12AM 1 min

NaCC keur 19 samesmeltings goed

Die Namibiese Mededingingskommissie sê hy het 19 samesmeltingstransaksies goedgekeur, met vyf onderhewig aan voorwaardes en 14 volledig goedgekeur. Die voorwaardelike transaksies dek farmaseutiese grootmaataankope, marmer en graniet, landbougrond, varkproduksie en belegging. Kommissie woordvoerder Dina /Gowases sê een van die samesmeltings wat goedgekeur is sluit FAO Healthcare se oorname van Nampharm…
18 Sep 12AM 1 min

Staatshospitale, -klinieke moet beter omsien na pasiënte

Die adjunk-uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Taimi Amaambo, het gesondheidsorgfasiliteite aangemoedig om toe te sien dat pasiënte se bekommernisse en klagtes behoorlik ontvang en spoedig aangespreek word. Amaambo het die by die Windhoek Sentrale Hospitaal gemaak tydens die herdenking van Wêreldpasiëntveiligheidsdag 2026.
18 Sep 12AM 1 min

Carney sê demokratiese norme word bedreig

Kanadese premier Mark Carney het die Europese Unie se ambisie vir Kanada om sy eerste geassosieerde lid te word verwelkom, met 'n beroep op nouer samewerking in verdediging, kritieke minerale en energiesekuriteit. Carney het aan die Europese Parlement in Straatsburg gesê Kanada en Europa is sterker saam in die lig…
17 Sep 11PM 1 min

Mapisa-Nqakula se pruik-geskenk draai in hof

Die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, hou vol ’n pruik wat in WhatsApp-gesprekke met die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndlovu bespreek is, was werklik 'n pruik en nie ’n kode-woord vir geld nie. Sy is in die Hooggeregshof in Pretoria gevra hoekom sy herhaaldelik daarna verwys het. Mapisa-Nqakula, wat deur…
17 Sep 11PM 1 min

SA kleinhandelverkope styg 3,4% in Julie

Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope was in Julie 3,4-persent hoër as dieselfde maand verlede jaar. Die groei is hoofsaaklik aangevuur deur algemene handelaars, ander kleinhandelaars en winkels wat klere, skoeisel en voedselprodukte verkoop. Verkope het ook met 2,5-persent toegeneem vergeleke met Junie. Raquel Floris van Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het oor…
17 Sep 11AM 1 min
800 – 820