Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
800 – 820

Trump waarsku Iran om 'hom te gedra'

Amerika se weermag het Woensdagaand ʼn nuwe reeks aanvalle teen Iran uitgevoer. Hy sê dit was gemik op Iran se militêre vermoë om vaartuie te bedreig wat vryelik deur die Straat van Hormuz beweeg. Dit volg nadat Iran beweer het hy het Amerikaanse militêre teikens in die streek aangeval, insluitend…
16 Jul 3AM 1 min

Ramaphosa hou sy oog oor Johnson en die Madlanga-kommissie

Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa is bekommerd oor onlangse ontwikkelinge rakende die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie en sy hoof, Andrea Johnson. Die reaksie volg nadat Johnson nie voor die Madlanga-kommissie van ondersoek verskyn het nie nadat sy 'n mediese sertifikaat ingedien het. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya het…
16 Jul 3AM 1 min

DA vra proklamasie vir leefstyloudits

Die DA vra president Cyril Ramaphosa om dringend ʼn proklamasie uit te vaardig wat die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gee om saam met die Staatsveiligheidsagentskap verpligte leefstyloudits uit te voer, veral in wetstoepassing en die strafregstelsel. Die Madlanga-kommissie het gehoor slegs vyf uit 823 senior leiers in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het…
16 Jul 2AM 1 min

NamWater lê besoek af by Neckartal

Die nuut ingehuldigde NamWater-raad besoek die Suidelike Besigheidseenheid hierdie week om bedrywighede en infrastruktuur, insluitend die Neckartaldam, te beoordeel. Uitvoerende hoof Abraham Nehemia sê dat hoewel die dam vol is, die volle ontsluiting van sy besproeiingspotensiaal nou die finale toewysing van grond en finalisering van planne vereis.
16 Jul 2AM 1 min

Starmer groet, sê hy's trots

Die uittredende Britse eerste minister, Keir Starmer, sê hy is trots op alles wat hy gedurende sy tweejaar-termyn vermag het. Hy het gister die laaste keer vrae van wetgewers in die Laerhuis beantwoord. Starmer sal na verwagting Maandag die leisels aan Andy Burnham oorhandig nadat die burgemeester van Groter-Manchester Vrydag…
16 Jul 1AM 1 min

Phala Phala: Cyril vra net kort vertraging

President Cyril Ramaphosa het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap versoek om die Parlement se ampsklag wat verband hou met die Phala Phala-saak tydelik te staak. Die president se prokureur, Wim Trengove, het aangevoer die Parlement het nie genoeg bewyse om 'n ampsklagondersoek te regverdig nie en die president kan onbillike…
16 Jul 1AM 1 min

Statebondspele-span ontvang landsvlag

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag amptelik die nasionale vlag aan die Namibiese span by Staatshuis oorhandig voor die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland. Die span van 23 atlete sal van 23 Julie tot 2 Augustus meeding in atletiek, para-atletiek, boks, swem, artistieke gimnastiek en rolbal. Die president het die span…
16 Jul 1AM 1 min

Bewaar belastingrekords vir minimum 5 jaar

NamRA herinner belastingbetalers en handelaars daaraan dat hulle wetlik verplig is om rekords en stawende dokumente vir 'n tydperk van vyf jaar te bewaar. Die agentskap beklemtoon dat hulle geen dokumente buite hierdie wetlike termyn sal aanvra nie, behalwe in spesifieke uitsonderings. Steven Ndorokaze, NamRA-woordvoerder.
16 Jul 1AM 1 min

Is daar 'n magstryd in Swapo?

Die parlement het vir sy middeljaar-reses verdaag sonder om enige van die sewe wetsontwerpe wat voor hom is, deur te voer. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gekry. Na sy mening kan nie net opposisiepartye die skuld vir die vertragings kry nie. Hy meen daar is…
16 Jul 12AM 1 min

Rekord-oes, bergingsuitdagings

Namibië is op koers vir 'n rekord witmielie-oes van ongeveer 111 000 ton vanjaar, maar kommer groei oor of die land genoeg stoorkapasiteit het om dit te hanteer. Die voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging, Gernot Eggert, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat invoerbeheer en witmielie-prysregulering noodsaaklik bly om produsente te…
16 Jul 12AM 1 min

Cosatu veroordeel sluiting van Venetia-myn

Cosatu sluit aan by die mynwerkersvakbond NUM en veroordeel De Beers se besluit om produksie by sy Venetia-myn in Limpopo vir twee jaar te staak en 'n Artikel 189A-kennisgewing uit te reik wat 1 214 werkers se voortbestaan bedreig. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die onderneming is lank reeds…
15 Jul 11PM 1 min

VSA sê hy het nie koringbergingsilo in Iran gtref nie

Die Amerikaanse weermag het ontken dat sy magte 'n burgerlike koringbergingsfasiliteit in Iran getref het. Dit het Woensdag gesê dat militêre ‌teikens getref is om Teheran se vermoë om kommersiële skeepsvaart in die Straat van Hormuz aan te val, te verswak. Iran dreig intussen om alle energie-uitvoere uit die Midde-Ooste…
15 Jul 11PM 1 min

Bokke-hulpafrigter lugtig vir Wallis

Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, waarsku dat Wallis Saterdag gevaarlik kan wees juis omdat hulle heel laaste op die Nasieskampioenskaps-ranglys is. Suid-Afrika mik na 'n derde oorwinning in die kompetisie nadat hulle reeds met Engeland en Skotland afgereken het. Wallis het vir Fidji geklop, maar teen Argentinië verloor. Suid-Afrika het…
15 Jul 11AM 1 min

Olieprys kan nog styg weens onsekerheid

Die prys van ru-olie het Dinsdag skerp gestyg, met Brent-olie wat vir die tweede agtereenvolgende dag tot meer as 87 Amerikaanse dollar per vat geklim het. Dit het later weer effe teruggesak na rondom 84 dollar per vat. Dit het gevolg na oor-en-weer aanvalle tussen die VSA en Iran, en…
15 Jul 11AM 1 min

Wat nou met soektog na seun se liggaam in Swakopmund?

Meer inligting is bekend oor die soektog na die 15-jarige Erwin Bezuidenhout, wat na bewering selfdood op 2 Julie by Platz am Meer in Swakopmund gepleeg het deur in die see te spring om te verdrink. Dinsdag was 'n skopgraaf gebruik om rotse van die breekwater te verwyder, maar die…
15 Jul 10AM 1 min

Wat nou met soektog na seun se liggaam in Swakopmund?

Meer inligting is bekend oor die soektog na die 15-jarige Erwin Bezuidenhout, wat na bewering selfdood op 2 Julie by Platz am Meer in Swakopmund gepleeg het deur in die see te spring om te verdrink. Dinsdag was 'n skopgraaf gebruik om rotse van die breekwater te verwyder, maar die…
15 Jul 10AM 1 min

Meeste gemarginaliseerde gemeenskappe in Otjozondjupa: verslag

Die Namibië Statistieke-agentskap het die Gemarginaliseerde Gemeenskappe-verslag, gebaseer op die 2023 bevolkings- en behuisingsdata, vandag in Windhoek bekendgestel. Die gemarginaliseerde bevolking waarna verwys word, is die San-, Ovatue- en Ovatjimba-gemeenskappe. Wat geografiese verspreiding betref, is die hoogste konsentrasie van hierdie gemeenskappe, of 31,1 persent in die Otjozondjupa-streek, en die Omaheke-streek…
15 Jul 10AM 1 min

IPC gee redes vir stadige finalisering van wette

Reaksie word steeds ontvang oor die parlement se jongste reses, met kritiek wat toeneem dat wetgewers weereens verrigtinge onderbreek het terwyl belangrike wetgewing onvoltooid bly. Die parlement het op 10 Julie verdaag en sal eers op 1 September hervat, met verskeie belangrike wetsontwerpe nog nie gefinaliseer nie. Opposisiepartye sê hulle…
15 Jul 10AM 1 min
800 – 820