Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
860 – 880

Hardap het genoeg water tot die 2027 koringoes-seisoen

Die Hardapdam is 53,8 persent vol en boere in die streek vertrou dat hulle genoeg watervoorraad het om robuuste plantsiklusse vir stapelgewasse soos mielies en koring te beplan, wat streeksvoedselsekerheid en plaaslike werkverskaffing sal verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels.
16 Sep 5AM 1 min

EU moet sy energie-afhanklikheid aanspreek

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die EU in Strasbourg, Frankryk toegespreek in haar jaarlikse toespraak. Sy het talle kwessies aangeraak maar, spesifiek melding gemaak van die stygende energiekostes wat die blok ervaar, nes elders oor die wêreld.
16 Sep 5AM 1 min

Ebola: VN sê dit sal nog maande neem

Die Verenigde Nasies sê die dodelike Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei oor die land, ten spyte van ʼn mate van sukses om dit te beperk. Rondom 7 200 Ebola-gevalle is aangemeld en byna 3 500 mense is daaraan dood. Hierdie uitbreking is die tweede ergste op rekord…
16 Sep 5AM 1 min

Solidariteit lê klag teen Amazon in Washington

Solidariteit het 'n klag by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Washington, DC, teen Amazon Web Services ingedien oor 'n besigheidsontwikkelingsprogram wat vereis aansoekers moet 100-persent in swart besit wees. Dirk Hermann van die vakbond sê die vereiste is onregverdig want dit sluit ondernemings met enige wit eienaarskap…
16 Sep 3AM 1 min

Eenhana se handelaars moes skuif - burgemeester

Die burgemeester van Eenhana, Omri Onn Kavandje, sê die verskuiwing van straatverkopers na die dorp se aangewese opemark is noodsaaklik om openbare orde te handhaaf en beleggings te lok. Kavandje het tydens 'n vergadering met die bestuur en belanghebbendes van die Eenhana-stadsraad verduidelik dat die raad die dorp se verordeninge…
16 Sep 3AM 1 min

Verkrygingsraad en NaCC sal saamwerk

Die Namibiese Verkrygingsraad en die Mededingingskommissie se nuut-getekende memorandum van ooreenkoms beoog om tender “konkelary” en prysmanipulasie met regeringskontrakte te beveg. Die raad se uitvoerende hoof, Idi Itope sê die ooreenkoms sal owerhede in staat stel om openbare verkryging gelyktydig vanuit twee rigtings te monitor en korrupsie makliker te ontbloot…
16 Sep 2AM 1 min

Kempton-moorde: Een vas, nog een soek

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ʼn verdagte is aangekeer in verband met een van die moorde wat in Julie in Kemptonpark, Ekurhuleni, gepleeg is en die polisie soek na nog ʼn persoon van belang. Agt vroue se liggame is die afgelope twee maande in die metro ontdek. Dimpane…
16 Sep 2AM 1 min

Kanada spits hom op die EU

Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die VSA verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar,…
16 Sep 1AM 1 min

Agt Kaapse haweloses reis na Mexiko vir Homeless World Cup

Die Stad Kaapstad versterk sy vennootskap met Oasis Reach for Your Dreams deur middel van die Homeless World Cup-program, en gebruik sokker om hawelose mense te ondersteun. Die lid van die Burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham sê agt spelers is nou gekies om Suid-Afrika in Januarie volgende jaar…
16 Sep 1AM 1 min

SAPD loof R400 000-beloning uit na 8 lyke gevind is

Die polisie het nog 'n liggaam in Ekurhuleni gevind, wat die totaal vroueliggame wat die afgelope twee maande in die metro ontdek is, op agt te staan bring. Die ministerie van Polisie het 'n beloning van 400 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir inligting wat tot inhegtenisnemings kan lei. Die waarnemende…
16 Sep 1AM 1 min

Boetes sal gehef word vir rokers, en meer

Die gesondheidministerie stel boetes van tot 5 000 Namibiese dollar of 'n maand tronkstraf voor vir mense wat in die openbaar rook, in konsepwysigings aan die Wet op die Beheer van Tabakprodukte. Gesondheidsamptenaar Gabriel Joseph sê eienaars van openbare ondernemings wat rook toelaat, kan boetes van 60 000 dollar of…
16 Sep 1AM 1 min

Beskerming van Kunene se renosters kry hupstoot

’n Vennootskap wat oor meer as 20 jaar strek, verskerp die stryd om Namibië se Kunene-swartrenosters te beskerm. Die Save the Rhino Trust en ultimate.earth het gesamentlik meer as 610 000 Namibiese dollar belê in ’n toegewyde patrollievoertuig vir die Red Mountain-gesamentlike bestuursgebied, na aanleiding van die stropery verlede jaar…
16 Sep 12AM 1 min

Amushelelo wil weet waar is NamPol met misdaad teen Namibiërs

Die aktivis Michael Amushelelo beskuldig NamPol daarvan dat hy misdade teen buitelandse toeriste voorrang gee bo Namibiese kinders se onopgeloste moorde. Amushelelo verwys na die vinnige arrestasie, dieselfde dag nog, van drie verdagtes wat twee Amerikaanse toeriste in Otjiwarongo beroof het. Dit, teenoor die moorde op Ingrid Maasdorp, Roswinds Fabianu…
16 Sep 12AM 1 min

Aranos doen proef-verslagtings vir VAE-skaapuitvoere

Die Aranos-abattoir voer proef-verslagtings van skape uit met die oog op moontlike uitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate, wat 'n nuwe mark vir plaaslike veeprodusente kan oopmaak. Die NLU se jongste data oor skaappryse toon uitvoerpryse na die Emirate van tot 100 Namibiese dollar per kilogram vir A2- en A3-grade…
16 Sep 12AM 1 min

Sanders en Trump bondgenoot Bannon vra vir KI regulasie

Steve Bannon, een van president Donald Trump se vroegste raadgewers, en onafhanklike senator Bernie Sanders het albei Dinsdag by 'n byeenkoms aangedring op veiligheidsbeperkings vir kunsmatige intelligensie. Hulle het saam met 'n tweeparty-groep Kongreslede by die "Pro-Human Assembly" in Washington, DC verskyn. Hulle vra vir 'n mensgesentreerde benadering tot die…
15 Sep 11PM 1 min

Hill-Lewis vra beter wetstoepassing met Ekurhuleni-moorde

DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die ontdekking van sewe vroue se liggame in Ekurhuleni, Gauteng, sedert Julie toon die behoefte aan strenger optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê die regering moet ondersoeke verskerp en verseker die skuldiges word aan die man gebring. Hill-Lewis vra groter sigbare wetstoepassing, beter beligting en waarneming, en…
15 Sep 11PM 1 min

Stem vir kleiner partye nie verlore: Bosa

Suid-Afrika vier vandag Internasionale Dag van Demokrasie en Build One South Africa sê 50-dae voor die plaaslike regeringsverkiesing 'n stem vir 'n kleiner party is nie 'n verlore stem nie. Graham Charters van die party sê gevestigde partye baat by die wanopvatting dat slegs hulle 'n werklike kans staan om…
15 Sep 11AM 1 min

Spreek foute met staatstoelaes dringend aan: kampvegters

Gestremdheidsregte kampvegters in die Kharas-streek doen 'n beroep op die regering om administratiewe foute wat begunstigdes se maandelikse toelaas affekteer so dringend moontlik aan te spreek. Dit, nadat sommige begunstigdes uitgesluit is van die onlangse verhoging van die staatstoelae van 100 Namibiese dollar. Die voorsitter van die People's Revolution Association,…
15 Sep 11AM 1 min

Persoon van belang in Rehoboth-seun se moord in arres

NamPol het 'n man van Rehoboth in hegtenis geneem as 'n persoon van belang in verband met die moord op die 11-jarige Gerhardt Doëseb. Die Graad 5-leerder is as vermis aangemeld nadat hy op 11 September nie van die skool af by die huis aangekom het nie. Sy liggaam is…
15 Sep 10AM 1 min
860 – 880