Jean-Louis gesels met Dewald van Niekerk, Suid-Afrika se nommer 1 muurbalspeler, tweemalige Namibiese Ope-kampioen, agtvoudige Suid-Afrikaanse kampioen en tans nommer 68 op die PSA Wêreldranglys. Hulle praat oor sy merkwaardige loopbaan, sy tyd in Namibië, en die afrigtingsessies en uitdagings wat hy dié week aanbied om plaaslike spelers te inspireer…
Jean-Louis gesels met Nilson Coelho, die Nasionale Afrigter van Namibië se Brazilian Jiu-Jitsu-span, oor die sport wat wêreldwyd vinnig groei en waarom hierdie naweek se Nasionale Brazilian Jiu-Jitsu-kampioenskappe in Windhoek 'n belangrike mylpaal is. Die kampioenskappe by Pionierspark Primêre Skool bied nie net die geleentheid om Namibië se beste talent…
Jean-Louis gesels met Henrico, Besturende Direkteur van Tiger Wheel & Tyre, oor die opwindende Tiger Wheel & Tyre & Kosmos 94.1 Padel Liga. Hulle bespreek wat deelnemers en ondersteuners kan verwag, waarom die liga so 'n besonderse geleentheid is, en hoe hierdie vennootskap sportliefhebbers bymekaar bring. Luister saam vir al…
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor die unieke A.Vogel Multiforce Alkaliese Poeier en waarom hierdie produk ’n gewilde keuse is vir mense wat hul gesonde leefstyl wil ondersteun. Hulle bespreek wat hierdie produk besonders maak, die verskillende geure en groottes waarin dit beskikbaar is, asook hoe dit deel van ’n…
Elmero Strauss gesels met Koos van Zyl – musikant, besigheidseienaar en 'n trotse Namibiër. Hulle gesels oor sy lewensreis, die uitdagings wat hom gevorm het, die passie wat hom dryf en hoe hy deur sy musiek en werk 'n blywende bydrae tot Namibië maak. 'n Inspirerende gesprek oor deursettingsvermoë, doelgerigtheid…
Elmero Strauss gesels met Dusty Dixon oor sy splinternuwe enkelsnit, "Waar Jou Skape Wei". Hulle praat oor die storie agter die lied, waar die inspirasie vandaan gekom het en die boodskap wat hy deur die musiek wil oordra. Dusty deel ook wat hy hoop luisteraars sal ervaar wanneer hulle na…
Jean-Louis gesels met die Namibiese sokkerspeler, Paulo Coelho, oor die hoogtepunte van die 2026 Sokkerwêreldbeker. Hulle ontleed Engeland se opwindende oorwinning oor Frankryk in die bronsmedaljewedstryd, Spanje se geskiedkundige eindstrydsege teen Argentinië, Kylian Mbappé se Goue Skoen, Lionel Messi se moeilike eindstryd en die wedstryde en oomblikke wat hierdie toernooi…
Jean-Louis gesels met Joalette de Villiers oor haar Silwerskerm-benoeming as Beste Aanbieder in ’n Leefstylprogram vir Op Pad met My Potjie. Sy vertel meer oor die sukses van die program, haar liefde vir kos, mense en avontuur, en wat hierdie besondere erkenning vir haar beteken.
Jean-Louis gesels met Dylan Alexander van United Padel Namibia oor die Tiger Wheel & Tyre Namibia & Kosmos 94.1 Padel League wat op 3 Augustus plaasvind. Hulle bespreek hoe die liga werk, hoe spanne kan inskryf en waarom padel een van die wêreld se vinnigste groeiende sportsoorte geword het. Ontdek…
Jean-Louis gesels met Renathe van der Merwe, koördineerder van FAST Heroes vir Namibië en Botswana, en Fabian Martens, Besturende Direkteur van OSH-Med International, oor die Angels-inisiatief se besoek aan Namibië. Hulle bespreek die FAST Heroes-program, wat skoolkinders leer om die tekens van 'n beroerte te herken en vinnig op te…
Jean-Louis gesels met Setson Nghishidimbwa, bekende Namibiese bankier, sportaanbieder, kommentator en sokkerontleder, oor die FIFA Sokkerwêreldbeker. Hulle ontleed die grootste wedstryde, bespreek die spanne en spelers wat die toernooi laat uitstaan, en deel insigte oor die taktiek, verrassings en hoogtepunte wat sokkeraanhangers wêreldwyd aan die praat het.
Jean-Louis gesels met Marius Opperman van Trio Events oor die 33ste kykNET Buite Ekspo wat van 24 tot 26 Julie by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela-Bela plaasvind. Hulle bespreek wat besoekers vanjaar kan verwag, van die nuutste kampeer- en 4x4-uitstallings tot gesinsvermaak, kos, akkommodasie en kaartjies. Ontdek waarom…
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor hoe die natuur kan help om pyn, inflammasie en styfheid van die gewrigte te verlig. Ontdek meer oor THRESHHold Real MSM en waarom al hoe meer mense hierdie natuurlike ondersteuning vir gewrigsgesondheid kies. THRESHHold Real MSM tablette is sonder voorskrif beskikbaar by jou naaste…
Jean-Louis gesels met Isack Hamata, een van Namibië se bekendste sokkeradministrateurs en sportontleders. Met sy agtergrond as sportjoernalis en sy uitgebreide kennis van plaaslike én internasionale sokker, deel Isack sy insigte oor die FIFA Sokkerwêreldbeker, die grootste stories van die toernooi en wat ondersteuners nog kan verwag. Hulle bespreek ook…
Elmero Strauss gesels met Schwané Schumacher oor haar merkwaardige reis. Van haar dae in die dans- en modelbedryf tot haar sukses as digitale inhoudskepper en entrepreneur, deel sy hoe haar lewe deur die jare ontwikkel het. Die gesprek raak ook aan haar nuutste en mees betekenisvolle rol – dié van…
Jean-Louis gesels met Albert Bredenhann, fotograaf, skrywer, KI-kenner en stigter van Pixel Pro Media, oor die vinnige ontwikkeling van kunsmatige intelligensie en die impak daarvan op ons daaglikse lewe. Van kreatiewe inhoud en digitale media tot die manier waarop besighede werk en groei – ontdek hoe KI nuwe geleenthede skep…
Marcel Theron gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Elmero Strauss gesels met Rias Oberholzer nadat hy en François Dames hul Walking for the Silent-tog van Windhoek na Swakopmund suksesvol voltooi het. Ná ses dae en honderde kilometers deel Rias die onvergeetlike oomblikke, die uitdagings onderweg en hoe hierdie besondere inisiatief reeds 'n betekenisvolle verskil maak. Luister na 'n…
Jean-Louis gesels met Norton Luis, mede-eienaar van Julinho Athletic FC, oor die Sokkerwêreldbeker en die impak daarvan op die ontwikkeling van sokker wêreldwyd. Hulle bespreek hoe internasionale toernooie jong spelers inspireer, die groei van Namibiese sokker, en waarom 'n sterk ontwikkelingsmodel die sleutel is tot die land se toekomstige sukses…
Jean-Louis gesels met Manuel Coelho, 'n gerespekteerde figuur in Namibiese sokker. Manuel het Suidwes-Afrika op O/16- en O/19-vlak verteenwoordig, 18 jaar vir Ramblers gespeel en daarna vir 19 jaar as Voorsitter en 12 jaar as President van die klub gedien. As 'n "A"-lisensie gesertifiseerde afrigter met internasionale ervaring in Angola…
10 Jul 10AM
8 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.