Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa is op besoek aan die Laeveld want hy is besig met die jaarlikse Ride for a Child-motorfietsrit om fondse in te samel vir kinders wat mediese sorg benodig.
Die Ekonoom Dawie Roodt was een van die gassrepekers by die AmberMac Ekspo wat verlede week aangebied is. Hy sê 'n sakeonderneming kan nie landsbeleid bepaal nie, maar jy kan daarvolgens beplan.
50 jaar gelede het Marna de Villiers (nou Van der Burgh) by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekord tyd van 24,80 s gewen. Vanjaar vind die Inter weer by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaas en Marna se alma mater, Hoërskool Barberton, hou reünie. Hannes Davel vertel…
Staatsdienswerkers in Mpumalanga ervaar uitermatige uitdagings by hul werksplekke, sê Flip van der Walt van die PSA gesels met Kies Koers. Dit na Mbombela verlede week kragtoevoer na gebou afgesny het weens wanbetaling en voortdurende uitdagings by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto.
Die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) is een van die vele plaaslike organisasies wat baie negatief geraak ord deur die bevriesing van befondsing van die VSA president se noodplan vir Vigs-verligting (PEPFAR) wat geïmplementeer word deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelingprogram (USAID). Tarryn Lokotsch van GRIP gesels met Kies…
Die Ermelo-streekhof het Goodwill Zwelethini Dlamini (39) tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur wat aan Transnet behoort en vir die diefstal van yster- en nie-ysterhoudende metaal. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, was Dlamini aangestel as veiligheidsbeampte by Isidingo…
Die gewilde reisprogram "Voetspore" is volgende maand terug op die kassie met 'n nuwe reeks wat in Suid-Amerika geskiet is. Johan Badenhorst, die vervaardiger, gesels met Kies Koers.
Die DA in Mpumalanga gaan vrae aan Thulasizwe Thomo, die LUR vir Openbare Werke, Paaie en Vervoer, rig om te verduidelik hoekom sy departement aanhou om tenders aan Sizampilo Construction Projects toe te ken. Volgens Teboho Sekaledi, ’n DA-LPW, sluit dit die bou van HOP-huise en skoolopknappings in. Hy sê…
Die polisie in Mpumalanga het gisteraand twee verdagtes aangekeer in verband met die brandstigting Maandagaand van 51 Putco busse in die Nkangala-distrik. Volgens die polisie het ‘n groep gewapende aanvallers in drie voertuie Putco-werknemers by verskeie depots aangehou. Van hulle is aangerand. Een sekerheidswag is in die been geskiet en…
Sipiwe Solomons (65), ‘n afgetrede verpleegster, stap ‘n pad met Clover se Mama Afrika-projek wat haar vaardighede geleer het wat sy nou gebruik om ander te help en aan ander oordra. Sy en haar man het in 2008 Hosanna Community Church and Projects in Hazyview begin en daar is nou…
Twee verdagtes is Sondag naby die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe gearresteer weens die besit van dagga met ‘n geraamde straatwaarde van 1-komma-2-miljoen-Rand. Hul Toyota Quantum is op die R538 deur die Witrivier-blitspatrollie gestop en deursoek. Dit is nagenoeg ‘n ton dagga. Die een, ‘n burger van Eswatini, word ook aangekla…
SANParke vra die publiek om op te hou spekuleer oor die omstandighede rondom die dood Saterdag van ‘n besoeker aan die Krugerwildtuin. Die 59-jarige Shaik Adam Shabir Ammed is deur ‘n olifant vertrap toe hy saam met sy kleinkinders by Malelane-hek foto’s geneem het. Volgens Ike Phaahla, die woordvoerder van…
51 Putco-busse vernietig in brandstigting aanvalle Die Mpumalanga polisie het bevestig ‘n totaal van 51 Putco-busse is gisteraand by vier depots in die Nkangala-distrik aan die brand gesteek. Drie groepe aanvallers het sekerheidswagte oorval. 16 busse is aan die brand gesteek by Moloto in die Kwamhlanga-area, 18 in Maphotla en…
Die DA in Mpumalanga sê hy vind dit uiters kommerwekkend dat die provinsiale regering se besteding aan die voorsorg skorsing van amptenare in agt jaar van R3 miljoen tot R25 miljoen in 2023/24 gestyg het. Volgens Bosman Grobler was die besteding deur sewe staatsdepartemente aan 45 amptenare wat op voorsorg…
Twee mans wat glo uit 'n tronk in Mosambiek ontsnap het, is gisteraand buite Malalane deur die Mpumalanga-polisie in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Donald Mdhluli, is hulle deur veiligheidsbeamptes vasgetrek weens vermoedens dat hulle nie dokumentasie het om in Suid-Afrika te wees nie. Hulle sal na verwagting binnekort…
Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaala, het die vonnisse verwelkom wat die Skukuza-hof Vrydag drie renosterstropers opgelê het. Sam Khosa en Oddis Maluleke elk tot effektief 22 jaar gevonnis. Solly Selahle moet vier jaar tronkstraf uitdien weens sameswering om ‘n misdaad te pleeg. Phaahla het die ondersoekspan geloof vir…
27 Jan 4AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.