Maroela Media Gesonde gesinne

Gesonde gesinne

In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
Weekly Afrikaans South Africa Kids & Family Narrated by Lourindi Nel
15 Episodes

Verstaan jou kind se vestibulêre en proprioseptiewe stelsels

Lourindi Nel is ʼn volwasse- en kinderberader, en in hierdie aflewering van Gesonde gesinne, gesels ons oor dié stelsel se invloed op sensoriese integrasie. Ritme en struktuur in die dag is noodsaaklik vir kinders wat uitdagings met hul vestibulêre en proprioseptiewe stelsels ervaar.
8 Nov 11 min

Help, my kind is ʼn sensoriese soeker

In dié aflewering van “Gesonde gesinne” help Lourindi ouers om sensories soekende gedrag te verstaan en verduidelik hoe jy jou kind kan ondersteun. Sy verduidelik wat dit behels as jou kind ʼn sensoriese soeker is en ook hoe dit van sensoriese sensitiwiteit verskil. Skink vir jou ʼn lekker koppie boeretroos,…
25 Oct 9 min

Verstaan jou kind se sensoriese sensitiwiteit

Lourindi Nel, ʼn volwasse- en kinderberader, bespreek vandag sensoriese sensitiwiteit in Maroela Media se gesprekreeks oor gesonde gesinne. Sy verduidelik wat presies sensoriese sensitiwiteit is en hoe dit in kinders kan voorkom.
18 Oct 8 min

Verstaan jy jou kind se taal?

Jy as ouer wil nie die heeltyd net reaktief en impulsief teenoor jou kind se gedrag optree nie. Dit is juis waarom dit so belangrik is om jou kind se gedrag te verstaan.
16 May 10 min

Goeie ouers loop voor

ʼn Ouer wat lei het ʼn selfversekerde kind. Dit is hoekom Lourindi glo ʼn ouer moet hulle leierskapsrol in die gesin opneem.
12 May 10 min

Hoe lyk ’n gesin wat vreesgedrewe is?

Lourindi Nel verduidelik wat gebeur in ʼn kind se gedagtes wanneer ons herhaaldelik ons ouerlike magsposisie gebruik om dissiplinêre doelwitte te behaal.
25 Apr 8 min

Wat is ons doel met dissipline?

Dissipline bly maar ʼn uitdaging. Lourindi sê die eerste stap is om te dink wat jou as ouer se doel met dissipline is.
11 Apr 11 min