MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
327 Episodes
180 – 200

Episode 70: Ettiene Pretorius

Ettiene Pretorius is ‘n baie suksesvolle en unieke entrepreneur, met vars en soms kontroversiële idees. Min mense kan egter spog dat hulle al twee keer deur Richard Branson genooi is om tyd te spandeer op sy eiland, Necker. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf
25 Apr 2018 1 hr 10 min

Episode 69: Gareth Cliff

Gareth Cliff het ‘n Afrikaner bloedlyn wat die meeste Afrikaners jaloers sal laat bv. Piet Retief en die vader van Afrikaans, Gustav Preller. Luister na hierdie baie interessante onderhoud, veral ons gesprek oor die stand en toekoms van Potgooie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf
18 Apr 2018 59 min

Episode 68: Die manne van EXAH

EXAH is nie net ons nuwe borg nie, maar ook deskundiges wat huidiglik groot besighede se prosesse en sisteme drasties verbeter, wat lei tot 30% PLUS groei vir die betrokke besighede. Kom luister hoe doen hulle dit. Webwerf
12 Apr 2018 1 hour

Episode 67: Theo Vorster Onderhoud 2

TV aanbieder, spreker en uitvoerende hoof van Galileo Capital, Theo Vorster, gesels met my oor die mites van Swart Ekonomiese Bemagtiging en veral die groei geleenthede wat dit Afrikaanse besighede bied. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg. Webwerf
9 Apr 2018 32 min

Episode 66: Portchie Viljoen

Portchie is ons eie Afrikaner Picasso. ‘n Vrystaat seun met ‘n sterk entrepreneuriese agtergrond. Kom luister bietjie hoe die besigheid van kuns werk. Webwerf
28 Mar 2018 56 min

Episode 65: Klipkouers en CliffCentral

Uiteindelik is die Klipkouers wiel weer ernstig aan die rol, maar hierdie keer vanaf die CliffCentral ateljee in Sandton! Kom luister bietjie wat aan die gebeur is en waarheen ons oppad is! Webwerf
28 Mar 2018 12 min

Episode 64: Jan-Hendrik Oosthuizen

Jan-Hendrik Oosthuizen is die stigter en uitvoerende hoof van 'n kreatiewe agentskap genaamd Etiket, wat op 'n kreatiewe manier kompeteer in die advertensie industrie. Webwerf
7 Feb 2018 33 min

Episode 63: Sonja Smith

Sonja Smith is die stigter van Sonja Smith Funeral Group wat al verskeie besigheidtoekennings verower het. ‘n Gereelde gas op radioprogramme soos RSG en Jacaranda, het sy vrou-alleen nuwe lewe in ‘n baie moeilike en persoonlike industrie ingeblaas. Webwerf
16 Jan 2018 37 min

Kersboodskap 2017

Hoogtepunte van die Klipkouers Potgooi 2017. Hoop jy het 'n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2018! Webwerf
23 Dec 2017 12 min

Episode 62: Potgooi Pioniers

Moet nie hierdie BAIE spesiale en unieke episode mis nie! Ek gesels met vier mede Afrikaner Potgooi’ers wat al langer as ‘n jaar hierdie ongelooflike digitale medium probeer tem. Ons gesels oor die goeie, slegte en natuurlik die Miljoen Rand vraag: “Hoe maak mens geld met ‘n potgooi?” Die manne…
7 Dec 2017 2 hr 22 min

Episode 61: Theo Vorster

Theo Vorster is uitvoerende hoof van Galileo Capital en TV aanbieder en spreker oor beleggings en politiek-ekonomiese vraagstukke. Webwerf
9 Oct 2017 34 min

Kom Hoor Waarmee Ek Besig Is

Ek het met ‘n skok besef dat ek Augustus laas ‘n onderhoud gelaai het! Kom hoor waarmee ek besig was en hoe die pad vorentoe lyk. Laat die wiele rol. Webwerf
23 Sep 2017 11 min

Episode 60: Dr Kobus Neethling

Dr Kobus Neethling is die president van die Suid-Afrikaanse Kreatiwiteitstigting en ook hoof van die Kobus Neethling Groep wat wêreld kenners op die gebied van kreatiwiteit en heelbreininstrumente is. Webwerf
4 Aug 2017 33 min

Episode 59 (Deel 2): Brand Pretorius

Hierdie week in deel 2 van my onderhoud met Brand Pretorius was dit fassinerend om meer te leer oor die motor industrie en die spesifieke uitdagings wat daar is. Webwerf
20 Jul 2017 42 min

Episode 59 (Deel 1): Brand Pretorius

Wat n voorreg was dit nie om met ’n Afrikaner gentleman en korporatiewe besigheids ikoon te kon gesels, naamlik, Brand Pretorius. Webwerf
14 Jul 2017 35 min

KPS Episode 9: Frans Cronjé

NB! Indien jy verlede week deel 2 van my onderhoud met Frans Cronjé gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier Webwerf
6 Jul 2017 18 min

Episode 58 (Deel 2): Frans Cronjé

Die Klipkouer met wie ek gesels is Frans Cronje, ’n baie suksesvolle film produsent wie se films internasionaal, tot dusvêr, meer as 400 miljoen kykers gelok het. Webwerf
29 Jun 2017 27 min
180 – 200