MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
333 Episodes
1 – 20

Episode 189: Hannon Bothma

Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Hannon Bothma en Julius Swart se storie wys hoe ’n persoonlike passie, as dit lank genoeg met dissipline en vakmanskap gevoer word, uiteindelik ’n herkenbare Suid-Afrikaanse handelsmerk kan word. Hannon Bothma is vir baie…
30 Apr 26 min

Episode 188: Mike Bolhuis

Hierdie was een van die mees afgelaaide episodes op Klipkouers. Dit is oorspronklik in 2020 opgeneem, maar ek bring dit nou weer terug omdat Mike Bolhuis se wêreld — misdaad, dwelms, geweld en die beskerming van kwesbare mense — vandag nog net so hard teen Suid-Afrika se werklikheid skuur. Mike…
28 Apr 1 hr 19 min

Episode 187: Jimmy Malan

Hierdie episode is oorspronklik op BoerPot opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Jimmy Malan se storie wys hoe nuuskierigheid en innovasie oor geslagte gebou word. Die Malan plaas het oor meer as 110 jaar ’n sterk kultuur van nuuskierigheid en vooruitstrewendheid ontwikkel. Van die begin af het die…
20 Apr 52 min

Episode 186: Charles Back

Hierdie episode is oorspronklik in Augustus 2022 op BoerPot opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Charles Back se storie baie meer is as wyn en kaas. Dit gaan oor waardes, visie en hoe ’n mens ’n besigheid oor geslagte bou. Charles Back is die derde generasie eienaar van…
13 Apr 56 min

Episode 185: Deon Meyer

Hierdie episode is oorspronklik in Maart 2022 op Nostalgooi opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Meyer se storie nie net oor skryf gaan nie. Dit gaan oor deursettingsvermoë, vakmanskap en hoe ’n mens iets wêreldklas uit Suid-Afrikaanse grond bou. Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans…
1 Apr 1 hr 16 min

Episode 184: David Kramer

Hierdie episode is oorspronklik in Februarie 2022 op ’n ander podcast reeks, Nostalgooi, opgeneem het. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat hierdie gesprek met Kramer tydloos is; nie net as kunstenaar nie, maar ook as entrepreneur. Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare met supertreffers soos…
25 Mar 1 hr 44 min

Bosoorlog Eps 3: Generaal-majoor Gert Opperman

In hierdie besonderse episode van Klipkouers Bosoorlog Stories het ek, Jacques Basson, die voorreg om met generaal-majoor Gert Opperman te gesels, 'n merkwaardige militêre leier met 'n indrukwekkende loopbaan van 33 jaar in die weermag. Bekend as die man wat die Voortrekker Monument gered het, deel Generaal Opperman sy ryk…
19 Mar 2025 1 hr 35 min

Klipkouers 9de Verjaarsdag: Jacques Basson Se Terugblik & Toekomsvisie

9 JAAR VAN INSPIRERENDE GESPREKKE! Klipkouers vier vandag 'n mylpaal - Jacques Basson deel ons reis van toe tot nou, en gee 'n voorsmakie van wat voorlê. Van nederige begin tot 'n instelling in Afrikaanse podcasting!  Nege jaar gelede het alles begin met 'n eenvoudige gedagte en 'n mikrofoon. Vandag…
18 Jan 2025 19 min

Bosoorlog Eps 2: SW Fourie-Nog Dieper in die Spes Magte se Wêreld

Met spesiale dank aan Wildman & Paratus Africa: https://paratus.africa 'n Diepgaande Gesprek met Sersant-Majoor SW Fourie "Kom ons begin met 'n glasie whiskey," sê Sersant-Majoor SW Fourie, 'n veteraan van Suidwes-Afrika (nou Namibië). Sy bynaam "SW" het 'n interessante oorsprong - dit kom van sy voorletters én sy Windhoekse herkoms…
2 Dec 2024 1 hr 08 min

Bosoorlog Eps 1: Die Recces: Binne die Wêreld van SA se Elite-eenheid

Met spesiale dank aan Wildman & Paratus Africa: https://paratus.africa Die Pad na die Recces Wanneer jy die naam "Recce" hoor, dink jy dadelik aan Suid-Afrika se elite-soldate. Maar min mense weet werklik wat dit gevat het om een te word. Sersant-Majoor SW Forie en Sersant-Majoor James lig vandag die sluier…
11 Nov 2024 1 hr 18 min

Rondetafelgesprekke: Talent & span ontwikkeling

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om…
6 Oct 2024 43 min

Rondetafelgesprekke: Toepassings van die Internet van Dinge (IoT) in landbou met Ctrack

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om…
5 Oct 2024 21 min

Rondetafelgesprekke: Volhoubare sonkrag-oplossings vir landbou met Solareff

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om…
4 Oct 2024 33 min

Rondetafelgesprekke: BEE as besigheidstrategie & mites met Empowerlogic

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om…
4 Oct 2024 30 min

Episode 183: Cobus van den Berg

Die Afrikaanse film bedryf 20 jaar terug was nie die reus wat ons vandag ken nie. Die bedryf het ’n laagtepunt bereik na die suksesse van die 1970’s en 80’s, en baie was van die opinie dat daar net nie meer ’n mark vir Afrikaanse films was nie. Maar in…
6 Sep 2024 1 hr 37 min

Episode 182: Ronel Bezuidenhout

Entrepreneurskap verg baie verskillende eienskappe, maar bowenal verg dit die vermoë om ’n geleentheid raak te sien, ongeag waar die geleentheid is. Ronel Bezuidenhout het so ’n geleentheid raakgesien in die gasvryheidsektor en dit met albei hande aangegryp. In 2001 het sy Capital Hotel Skool se deure oopgemaak, ’n tersiêre…
27 Aug 2024 1 hr 08 min

Episode 181: Giniel de Villiers

Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk. Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy  'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek  te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n…
16 Apr 2024 1 hr 19 min

Episode 180: André Koegelenberg & Johan Pool

André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin…
8 Apr 2024 1 hour

Episode179: ”Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

Ek het gesels met Roedolf van der Westhuizen, die Uitvoerende Hoof van Die MOS Inisiatief en Albert van Wyk oor entrepreneurskap. Ons het veral gesels oor Albert se televisiereeks op VIA "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar Hoërskool kinders wat hul eie besighede bedryf, meegeding het om…
23 Jan 2024 55 min
1 – 20