Episode 187: Jimmy Malan

Loading player...
Hierdie episode is oorspronklik op BoerPot opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Jimmy Malan se storie wys hoe nuuskierigheid en innovasie oor geslagte gebou word.

Die Malan plaas het oor meer as 110 jaar ’n sterk kultuur van nuuskierigheid en vooruitstrewendheid ontwikkel. Van die begin af het die stigter ’n punt daarvan gemaak om die beste plantmetodes toe te pas, en selfs Duitsland toe gereis om nuwe tegnologie en idees terug plaas toe te bring.

Sy fokus is om die boerdery aan die beweeg te hou, aan te hou verbeter en nuwe maniere te vind om waarde te skep. Dit sluit hul kleinhandelbeen, Plantland, in — ’n netwerk van tuinsentrums en ’n aanlyn winkel waar hulle direk met die eindverbruiker skakel en hul produkte landwyd beskikbaar maak.

In hierdie gesprek praat ons oor die plaas se geskiedenis, hoe hulle diversifiseer, die rol van Plantland, en wat Suid-Afrikaanse boere by hul Europese eweknieë kan leer.
20 Apr Afrikaans South Africa Business · Marketing

Other recent episodes

Episode 189: Hannon Bothma

Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Hannon Bothma en Julius Swart se storie wys hoe ’n persoonlike passie, as dit lank genoeg met dissipline en vakmanskap gevoer word, uiteindelik ’n herkenbare Suid-Afrikaanse handelsmerk kan word. Hannon Bothma is vir baie…
30 Apr 26 min

Episode 188: Mike Bolhuis

Hierdie was een van die mees afgelaaide episodes op Klipkouers. Dit is oorspronklik in 2020 opgeneem, maar ek bring dit nou weer terug omdat Mike Bolhuis se wêreld — misdaad, dwelms, geweld en die beskerming van kwesbare mense — vandag nog net so hard teen Suid-Afrika se werklikheid skuur. Mike…
28 Apr 1 hr 19 min

Episode 185: Deon Meyer

Hierdie episode is oorspronklik in Maart 2022 op Nostalgooi opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Meyer se storie nie net oor skryf gaan nie. Dit gaan oor deursettingsvermoë, vakmanskap en hoe ’n mens iets wêreldklas uit Suid-Afrikaanse grond bou. Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans…
1 Apr 1 hr 16 min

Episode 186: Charles Back

Hierdie episode is oorspronklik in Augustus 2022 op BoerPot opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Charles Back se storie baie meer is as wyn en kaas. Dit gaan oor waardes, visie en hoe ’n mens ’n besigheid oor geslagte bou. Charles Back is die derde generasie eienaar van…
13 Apr 56 min

Episode 184: David Kramer

Hierdie episode is oorspronklik in Februarie 2022 op ’n ander podcast reeks, Nostalgooi, opgeneem het. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat hierdie gesprek met Kramer tydloos is; nie net as kunstenaar nie, maar ook as entrepreneur. Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare met supertreffers soos…
25 Mar 1 hr 44 min